Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Klas van 2023, begin jou loopbaanreis by Akademia in 2024

Gepubliseer op: 19 Januarie 2024

Die uitslae vir die matriekjaar van 2023 is pas bekendgemaak en dwarsoor Suid-Afrika brand die vreugdevure hoog. Vir derduisende matrikulante span die suksesvolle aflegging van die eindeksamen nie net die kroon op hul skoolloopbaan nie, maar baan dit ook die weg na die begin van hul loopbaanreis.

Terwyl die meeste openbare hoëronderwysinstellings in Suid-Afrika reeds hul aansoekproses vir studies in 2024 gesluit het, bied Akademia steeds aan skoolverlaters die geleentheid om vanjaar studies in Afrikaans aan te pak. Aansoeke vir voorgraadse studie by dié onafhanklike hoëronderwysinstelling sluit vanjaar eers op 9 Februarie. Die aansoekproses vind slegs aanlyn plaas en neem ongeveer twintig minute om te voltooi.

Skoolverlaters kan tussen verskeie studierigtings oor vyf dinamiese fakulteite kies. Hierdie fakulteite sluit in: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Opvoedkunde en Regsgeleerdheid. Eenvoudig gestel: Hetsy jy nou ʼn studierigting in joernalistiek, die regte, bestuursrekeningkunde, rekenaarwetenskappe of onderwys oorweeg, Akademia is die studietuiste vir jou!

Derhalwe dié verskillende studierigtings, bied die instelling ook aan voornemende studente ʼn keuse tussen twee onderrigleermodelle. Die nauurse afstandsmodel bied ʼn gerieflike klasrooster en is pasgemaak vir skoolverlaters wat graag wil studeer en tegelykertyd wil werk of ander belangstellings najaag. Hierdie opsie verteenwoordig vir hierdie studente die beste van twee wêrelde. Klasse vir dié model word nauurs by ʼn sentrum of aanlyn via die e-leeropsie aangebied.

Indien jy eerder aan ʼn voltydse klaservaring wil deelneem, het jy alternatiewelik die opsie om jou studies by Akademia se kampus in Centurion aan te pak. Dié kampus is ʼn miernes van bedrywighede en bied aan studente geriewe soos ʼn kafeteria, ʼn kliëntedienssentrum, ʼn uitgebreide mediasentrum, ʼn moderne ouditorium én ʼn koshuiservaring. Verskeie ander fasiliteite wat studenteondersteuning bied, is ook beskikbaar. Studente wat die voltydse kampusmodel volg, geniet ʼn bruisende georganiseerde studentelewe terwyl daar bedags klasgedraf word. Getrou aan die gedagte dat studentwees die beste tyd van jou lewe beslaan, word lewenslange vriendskappe hier gevorm en gekoester.

Ongeag van jou keuse van ʼn onderrigleermodel, kan jy verseker wees van optimale akademiese ondersteuning vanaf ervare ondersteuningspersoneel en kundige dosente. Akademia se aanlyn leerbestuursplatform, Die Spens, verteenwoordig verder ʼn eenstopportaal vanwaar studente toegang tot akademiese leesstof, studiemateriaal en belangrike inligting verkry.

As ʼn nuwe Fontie (Akademia-student) kan voornemende eerstejaars uitsien na ʼn vol program. Die jaarlikse eerstejaarskamp is een van die hoogtepunte op die jaarkalender en bring elke jaar studente van heinde en verre onder die Akademia-vlag byeen. Tydens dié geleentheid, wat vanjaar vanaf 23 tot 26 Januarie plaasvind, word beide eerstejaarstudente van die nauurse afstandsmodel sowel as die voltydse kampusmodel die unieke geleentheid gebied om die Akademia-familie te leer ken. Hierdie familie bestaan uit medestudente, die studenteraad (SR), huiskomitees asook personeel en studentelewe-ambassadeurs. ʼn Propvol program bestaande uit intellektuele sowel as buitelugsessies fokus op leierskapsontwikkeling, lewensafrigting en mentorskap.

Om die sprong vanaf skoolleerder tot studentwees te help vernou, bied Akademia waardetoevoegende ondersteuning aan om nuwe studente te help om die kuns van studentwees baas te raak. Hierdie kursusse berei studente voor vir hoe om werkstukke aan te pak, basiese rekenaarvaardighede onder die knie te kry asook taal-, skryf-, en navorsingsvaardighede om ʼn suksesvolle akademiese reis aan te pak.

Akademia strewe daarna om ʼn akademiese tuiste te bied waar beide die denke en die hart gevorm word met die oog op ʼn vrye toekoms. Dit beteken dat die instelling geroepe is om nie net studente met hoogstaande kennis en wysheid toe te rus nie, maar werklik ʼn verskil te maak deur afgeronde en gevormde afgestudeerde studente te lewer wat ʼn betekenisvolle bydrae sal lewer in die gemeenskappe waarin hulle hulleself bevind.

Waarvoor wag jy? Besoek die Akademia-webblad vandag nog en vergewis jouself van die voorgraadse studiemoontlikhede. Jy kan ook ʼn afspraak maak met ʼn studentewerwer deur konsultasiesessie aanlyn te bespreek of ʼn e-pos na navrae@akademia.ac.za te stuur. Akademia, jou loopbaanreis begin hier!

Akademia, wat vanjaar sy twaalfde jaar van klasgee vier, streef daarna om ʼn akademiese tuiste te wees waar die denke en die hart van studente gevorm word vir ʼn vrye toekoms.
Studente wat Akademia se nauurse afstandmodel volg het die keuse om klasse óf by ʼn sentrum óf via die e-leeropsie by te woon.
Akademia se aansoekproses vind aanlyn plaas en neem ongeveer twintig minute om te voltooi.
In 2023 het Akademia 384 kwalifikasies oor elf programme toegeken tydens die jaarlikse kwalifikasieplegtigheid.