NGOS-uitblinker Juan: ʼn Biokinetikus met ʼn passie vir onderwys

NGOS-uitblinker Juan: ʼn Biokinetikus met ʼn passie vir onderwys Gepubliseer op: 8 Augustus 2025 Juan Theron (35) is ʼn trotse Akademia-alumnus wat tydens vanjaar se kwalifikasieplegtigheid nie net die Nagraadse Onderwyssertifikaat (Senior Fase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys) met onderskeiding verwerf het nie, maar ook as die toppresteerder in dié program vir die 2024- akademiese […]

Toppresteerder Hanke ʼn trotse alumni-ambassadeur

Toppresteerder Hanke ʼn trotse alumni-ambassadeur Gepubliseer op: 3 Julie 2025 Akademia-alumnus, Hanke du Plessis (34) het ʼn fyn aanvoeling vir detail. Hierdie ingesteldheid kom haar baie handig te pas in haar dubbeldoorwerksverantwoordelikheid by onderskeidelik Agrisol én Melior in Potchefstroom. Beide hierdie maatskappy funksioneer binne die Suid-Afrikaanse landbousektor en bedien boere met onder meer onafhanklike ontledings, […]

Jean-mari skitter as Akademia se eerste Alumni-uitblinker

Jean-mari skitter as Akademia se eerste Alumni-uitblinker Gepubliseer op: 2 Julie 2025 Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) verwys na ʼn pionier as ʼn baanbreker wie se idees of voorbeeld later deur ander verder geneem word. In die geval van Akademia-alumnus, Jean-mari Cornelius (49) is dié beskrywing nommerpas en is sy op ʼn luisterryke […]

Maritieme loods stuur sy loopbaan as trotse Akademia-alumnus

Maritieme loods stuur sy loopbaan as trotse Akademia-alumnus Gepubliseer op: 1 Julie 2025 Die ou skeepsvaartgesegde, iemand se kompas staan stil, verwys na ʼn persoon wat onseker is en nie weet wat om te doen nie – en per implikasie daarom nie bewus is van watter koers sy/haar skip vaar nie. Hierdie is allermins die […]

Oud-Fontie Elisma lééf haar joernalistieke droom

Oud-Fontie Elisma lééf haar joernalistieke droom Gepubliseer op: 1 Julie 2025 Akademia-alumnus, Elisma van der Watt (23), se kollegas verwys nie verniet na haar as ʼn hedendaagse Nancy Drew nie. Nét soos dié amateurspeurder gee Van der Watt, ʼn hardenuusjoernalis (wat fokus op hofsake, misdaad en ondersoekende artikels) by Maroela Media, nie bes as sy […]

Akademia-alumnus droom en doen in die skadu van die Afrikaanse Taalmonument

Akademia-alumnus droom en doen in die skadu van die Afrikaanse Taalmonument Gepubliseer op: 26 Februarie 2025 Die jaar 2025 is ʼn hoofletterjaar vir die Afrikaanse taal, en by uitstek óók vir Akademia-alumnus, Tania Lang (46), wat passievol haar beroepslewe in haar moedertaal uitlééf. Dié boorling van die Paarl, werk reeds amper 24 jaar by die […]

Sakeplankompetisie lê die grondslag van my entrepreneuriese droom – Akademia-alumnus

Sakeplankompetisie lê die grondslag van my entrepreneuriese droom – Akademia-alumnus Gepubliseer op: 22 Julie 2024 ʼn Jaar het verloop sedert Akademia-alumnus, Abigail Fourie en haar verlowingsbeplanningsbesigheid, The Perfect Moment, as die wenner van die instelling se gewilde BCom (Ondernemingsbestuur): Sakeplankompetisie aangewys is. Dié spesialisdiens het dit ten doel om uitsonderlike verlowingsbeplanning en -ervaringsdiens te verskaf, […]

Só kerf Akademia-alumnus haar pad in die sakewêreld uit

Só kerf Akademia-alumnus haar pad in die sakewêreld uit Gepubliseer op: 3 Mei 2024 Daar word gesê dat koffie die één geur is wat oor die wêreld heen passie en kreatiwiteit aanwakker. Vir Akademia-alumnus, Catherine-May Trollip (22) van Kempton Park, is koffie egter meer as net ʼn passie – dit is die grondslag waarop sy […]

Aletha draf nauurse kwalifikasie kaf terwyl sy voltyds werk

Aletha draf nauurse kwalifikasie kaf terwyl sy voltyds werk Gepubliseer op: 12 April 2024 Akademia-alumnus, Aletha Marx (55), het met ʼn huppel in haar stap oor die verhoog geloop tydens vanjaar se kwalifikasieplegtigheid. As nauurse student het Marx haar LLB-kwalifikasie in vier jaar voltooi terwyl sy voltyds by Akademia gewerk het en só bewys dat […]

Akademia-alumnus: Om te studeer verryk my menswees

Akademia-alumnus: Om te studeer verryk my menswees Gepubliseer op: 20 November 2023 Verna Muller Nel (51) vervul vele rolle met passie en ʼn onblusbare entoesiasme. Óf dit nou as eggenoot, ma, ouma, sakebestuurder, entrepreneur óf Akademia-alumnus is, een ding is seker: dié inwoner van die Weskus wéét wat sy wil hê en skram nie weg […]

Akademia-alumnus: Volpunte vir Akademia as dinamiese studietuiste

Akademia-alumnus: Volpunte vir Akademia as dinamiese studietuiste Gepubliseer op: 13 November 2023 Vir alumnus, CJ Montgomery (25), is daar nie ʼn meer voor die handliggende besluit vir ʼn voornemende student om te maak as dié van Akademia as ʼn dinamiese studietuiste nie. Dié oud-BCom (Bestuursrekeningkunde)-student droom reeds vanaf skooldae af oor ʼn loopbaan in finansies […]

Akademia-alumnus dien die gemeenskap deur deelname en dade

Akademia-alumnus dien die gemeenskap deur deelname en dade Gepubliseer op: 19 Oktober 2023 Elke onderneming en organisasie word gekenmerk deur verskillende persoonlikheidstipes. Hierdie persoonlikhede word dikwels aan ʼn spesifieke kleur gekoppel, soos byvoorbeeld geel, groen, blou en rooi. Sommer so met die intrapslag is dit duidelik dat Akademia-alumnus, Lindy Steyn, haarself by die aansteeklike en […]

Akademia-alumnus: “Droom gróót, want drome word waar”

Akademia-alumnus: “Droom gróót, want drome word waar” Gepubliseer op: 21 Augustus 2023 “ʼn Dogtertjie met ʼn droom word ʼn vrou met ʼn visie,” aldus Akademia-alumnus, Marilie Louw. Vir dié alumnus, wat in 2022 die BCom (Ondernemingsbestuur)-kwalifikasie by wyse van die nauurse afstandsmodel voltooi het, was ʼn kleintyddroom van besigheidsukses die motivering wat sy nodig gehad […]

Akademia-alumnus jaag passie vir navorsing na

Akademia-alumnus jaag passie vir navorsing na Gepubliseer op: 6 Julie 2023 Akademia-alumnus, Karel Engelbrecht, het in 2022 die Nagraadse Diploma in Belasting aangepak om sy kennis en begrip te verskerp ten einde die kliënte by sy rekeningkundigepraktyk beter te adviseur. Min het hy geweet dat dié besluit hom op ʼn nuwe en opwindende studieavontuur as […]

Akademia-alumnus maak ʼn daadwerklike bydrae tot die bevordering van vroueregte

Akademia-alumnus maak ʼn daadwerklike bydrae tot die bevordering van vroueregte Daniélle Hayward, Akademia-alumnus in BCom (Ekonomie en Regte), glo dat om ʼn verskil in die wêreld te sien, jy self ʼn verskilmaker moet wees. Getrou aan dié lewensfilosofie, kyk sy doelbewus anders na die omgewing waarin sy haar bevind, asook na die kwessies waarmee sy […]