Studentesake

Studenteondersteuning

Jy is méér as net ʼn studentenommer!

Hoe lyk studenteondersteuning by Akademia?

Akademia is daartoe verbind om die denke én hart van sy studente te vorm met die oog op ʼn vrye toekoms. In die lig hiervan het Studenteondersteuningsdienste dit ten doel om Fonties nie net op hul studiereis te ondersteun nie, maar ook in hul persoonlike lewe leiding te bied.

Ontmoet die span

Dr. Heleen Coetzee
Hoof: Studentesake

Elana Kriel
Opvoedkundige sielkundige

Dr. Annelize van Antwerp
Voorligtingsielkundige

Michelle van Niekerk
Beampte: Studentewelstandsondersteuning

Dr. Mandie Dubery
Maatskaplike werker

Akademia bied aan studente emosionele, akademiese, maatskaplike, en finansiële ondersteuning in die vorm van berading en leier- en mentorskapprogramme. Studenteondersteuningsdienste behels ook loopbaanadvies en -voorbereiding om Fonties gereed te maak vir die werksplek. Hierdie ondersteuning vind plaas deur verskeie aksies en programme wat deur die loop van die jaar aangebied word.

Vangnet

Vangnet is Akademia se professionele ondersteuningsdienste wat studente bystaan by wyse van berading en leerondersteuning en -ontwikkeling. Vangnet bied aan studente ʼn veilige en vertroulike omgewing waarin hulle welstandsondersteuning kan ontvang.

As deel van Akademia se taak om die denke én hart van elke student te ontwikkel, vorm die Help ʼn Fontie-komitee ʼn integrale deel van die Studenteondersteuningsdienste. Dié komitee bestaan uit studente wat opgelei en toegerus is om hulp en ondersteuning aan mede-Fonties te bied. Deur vriendskap en ʼn oop gesprek bevorder hierdie inisiatief ʼn kultuur van omgee. Die komiteelede verwys Fonties voorts na die gepaste professionele dienste wat deur die Studenteondersteuningsdienste verskaf word en dien ook as geestelike leiers in koshuise en help eerstejaars om aan te pas.

“As ʼn student wat nou vir my derde termyn op Akademia se studentestrukture dien kan ek getuig dat hier regtig in elke bereidwillige student se toekoms belê word.” – Marzé Becker, derdejaarstudent by Akademia

Akademia bied ʼn buitekurrikulêre program met die naam die Kuns van Studentwees aan. Hierdie program bestaan uit drie afdelings:

 

  1. Die akademiese geletterdheid-afdeling bestaan uit opleiding in basiese rekenaarvaardighede, akademiese taal- en skryfvaardighede, basiese akademiese navorsing, leesstrategieë en wenke vir die aflê van assesserings.  
  1. Die Groot Boeke-program poog om vir studente ʼn gebalanseerde insig in hul eie historiese, kulturele en geestelike identiteite te bied, wat studente in staat stel om krities met die ideologieë van ons tyd om te gaan.  
  1. Die derde afdeling is die Kuns van Studentwees wat ʼn psigososiale bewusmakingsprogram is wat deur die jaar aan studente as inligtingsaande, besprekingsessies en groepsgesprekke aangebied. Temas wat tydens hierdie geleenthede bespreek word, is die ontwikkeling van identiteit, verhoudings, produktiwiteit en jou rol in die gemeenskap. 

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.