
*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur
By Akademia word ons studente Fonties genoem. Hierdie eienaam is afgelei uit ons leuse, Ad futurum per fontes – na die toekoms deur die bronne. Vrylik vertaal beteken fontes ook fonteine. Om ons studente Fonties te noem is dus nie bloot nét ʼn afleiding van die naam van die instelling nie, maar dra ook ʼn spesiale betekenis. Soos goeie fonteine standhoudende skoon water gee aan die omliggende omgewing, is die ideaal dat Fonties só tot diens van hul gemeenskap sal wees.
Met dié strewe in gedagte, behels Fontie-wees méér as net jou studie – dit is ook die kodewoord vir ʼn bruisende studentelewe. Dit is om in Afrikaans en binne ʼn Christelike konteks jou talente te ontwikkel, kosbare herinneringe te maak en lewenslange vriendskappe te smee.
“Die nauurse studentelewe by Akademia gaan oor meer as net studie en akademiese groei. Dit bied aan elke student die geleentheid om nuwe mense te ontmoet, betekenisvolle verhoudings te bou en deel van ʼn hegte studentegemeenskap te wees. Deur betrokke te raak, kan jy jou stempel afdruk, nuwe ervarings opdoen en herinneringe skep wat deel van jou Akademia-verhaal vorm. Dit gaan daaroor om te weet dat jy behoort – nie net as ʼn student nie, maar as deel van ʼn groter gemeenskap.”
– Carli Els, SR: Bemarking en Kommunikasie (nauurs), 2026/2027
Akademia se studentelewe bied ʼn tuiste waar Fonties se denke én hart geïntegreerd ontwikkel. Deur ʼn verskeidenheid nauurse aktiwiteite en geleenthede word gemeenskapsvorming en ʼn sterk gevoel van behoort bevorder. Studente kry die geleentheid om hul talente en identiteit te ontdek, hul plek in die gemeenskap te vind en met selfvertroue vir ʼn vrye toekoms voor te berei. Langs die pad smee Fonties betekenisvolle vriendskappe en waardevolle netwerke wat hulle lank ná hul studentejare sal ondersteun.
Raak betrokke by die aktiwiteite by jou naaste Akademia-sentrum of neem deel aan aanlyn geleenthede. Akademia se netwerk van sentrums sluit Bloemfontein, Centurion, George, die Moot (Pretoria), die Paarl en Somerset-Wes in.
Die Akademia-studenteraad (SR) dien as die stem van die nauurse Fonties en verteenwoordig hul belange binne Akademia. Hulle speel ʼn sleutelrol in die bevordering van ʼn aktiewe en betrokke studentelewe vir die nauurse studente.
Die portefeuljes vir SR 2026/2027 is as volg toegeken:
Elsomé Thuynsma
Voorsitter
Hendru Stiglingh
Adjunkvoorsitter
Carli Els
Nauurs: Bemarking en Kommunikasie
Albert Cloete
Nauurs: Studentelewe
Die uitvoerende komitee (UK), as deel van die studenteraad (SR), verteenwoordig nauurse studente, bevorder studentelewe en ʼn positiewe studentekultuur. Hierdie komitee dien as die skakel tussen studente, die SR en Studentesake. Elke sentrum het ʼn UK-lid wat leierskapsvaardighede binne die studentegemeenskap ontwikkel en studente plaaslik ondersteun.
Die nauurse Studentesake-span ondersteun die vestiging van ʼn veilige, ondersteunende studietuiste, hetsy aanlyn of by die verskeie sentrums, en bevorder ʼn sterk studentegemeenskap.
Elcke Katzke
Leier: Nauurse studentelewe
Bianca le Roux
Beampte: Studentesake
Elrike Esterhuyse
Beampte: Nauurse studentelewe
Otto van der Westhuizen
Beampte: Nauurse studentelewe
Hendré Human
Beampte: Nauurse studentelewe
As ʼn nauurse afstandstudent is daar verskeie aktiwiteite en geleenthede waarby jy kan inskakel om deel te wees van Akademia se bruisende studentelewe. Die instelling se netwerk van sentrums bied aan Fonties dwarsoor die land ʼn plek om byeen te kom en om ʼn gemeenskap te vorm. Daar word ook verskeie aanlyn geleenthede aangebied om studente in staat te stel om aktief betrokke te wees, ongeag hul ligging. Nauurse afstandstudente in die Paarl en Pretoria omgewing is ook welkom om by voltydse verenigings aan te sluit.
Hier is ʼn paar hoogtepunte uit die nauurse studentelewe:
Hierdie inisiatief skep ʼn platform vir nauurse afstandstudente van dieselfde jaargroep en program om aanlyn bymekaar te kom. Op hierdie manier kan nauurse Fonties mekaar beter leer ken, ondersteuningsnetwerke vorm, vriendskappe kweek én studentwees saam ervaar.
Van noot-vir-noot tot bingo en algemene vasvra-aande, ʼn verskeidenheid virtuele geleenthede deur die jaar sorg vir ʼn welkome (en baie pret) blaaskans van die akademiese verpligtinge.
Fontie-boekliefhebbers lees en bespreek deur die loop van die jaar verskeie boeke saam. Hulle kom bymekaar vir aanlyn besprekingsessies, uitdagings en vasvrae met opwindende pryse op die spel.
Studente wat ʼn passie vir fotografie het kry die geleentheid om verskillende temas deur hul kameralense vas te vang en só hulle kreatiwiteit op die proef te stel, foto-idees met mekaar te deel én nuwe fotografievaardighede aan te leer.
Deur die loop van die jaar word verskeie waardetoevoegende, sosiale en netwerkgeleenthede by die verskeie sentrums aangebied. Hierdie byeenkomste rus nauurse afstandstudente toe om sterk ondersteuningsgemeenskappe te bou. Hier is ʼn paar van die sentrumgeleenthede waarna Fonties elke jaar kan uitsien:
Sentrumafskop || Simposiums || Sosiale geleenthede || Afsluitingsfunksies || Wyn-en-pizza-aande
Fonties kry die geleentheid om saam ʼn semester af te skop of op ʼn hoogtepunt af te sluit. Hierdie sosiale geleenthede vier Fontie-wees en bied ʼn ruimte waar studente kan ontspan, netwerk en saam met mede-Fonties kuier.
Die nauurse debat ontwikkel studente se kritiese denke, selfvertroue en kommunikasievaardighede. Fonties ontvang opleiding en neem deel aan aanlyn debatsligas, asook Fontie-spreke – Akademia se eie debatsliga teen ander instellings.
Fonties neem weekliks aan padel deel. Daar is ook pikkelbal- en braai-aksies, asook sentrumtoernooie, wat lei tot die jaarlikse Fontie-spele – Akademia se sportfees.
Fonties neem weekliks aan netbal deel. Daar word ook jaarliks die geleentheid gebied om aan die Fontie-spele deel te neem.
Sentrums fasiliteer stapklubaktiwiteite in die omliggende omgewing, soos parkruns of staptogte in natuurreservate.
Hierdie inisiatief bring nauurse afstandstudente in dieselfde studieprogram aanlyn bymekaar om te netwerk, mekaar te ondersteun en blywende vriendskappe te vorm. Só ervaar Fonties die studentelewe saam, ongeag waar hulle studeer.
Nauurse Fontie-welstandsessies bied praktiese vaardighede, kundige insigte en relevante gesprekke wat studente toerus vir persoonlike groei en loopbaansukses. Elke sessie word deur kenners in die onderskeie vakgebiede aangebied. Vorige sessies het onderwerpe ingesluit soos studiemetodes en streshantering, ekonomiese kwessies en jou regte in die werksplek.
Die geleenthede strek van noot-vir-noot-, Wie word ʼn miljoenêr?-, bingo- tot algemene vasvra-aande. Daar is regdeur die jaar ʼn verskeidenheid virtuele geleenthede wat sorg vir ʼn welkome (en baie pret) blaaskans van die akademiese verpligtinge.
Fontie-boekliefhebbers lees en bespreek deur die loop van die jaar verskeie boeke saam. Hulle kom bymekaar vir aanlyn besprekingsessies, uitdagings en vasvrae met opwindende pryse op die spel.
Studente wat ʼn passie vir fotografie het, kry die geleentheid om verskillende temas deur hul kameralense vas te vang en só hulle kreatiwiteit op die proef te stel, foto-idees met mekaar te deel én nuwe fotografievaardighede aan te leer.
Akademia streef daarna om te verseker dat studente tot goedgevormde roepingsgedrewe individue gevorm word. In die lig hiervan speel leierskapsontwikkeling ʼn baie belangrike rol en stel dié inisiatief Fonties in staat om onder leiding van ervare mentors hulself vir toekomstige leierskapsrolle voor te berei.
Studente kan tydens hul studie hulself verkiesbaar stel vir die studenteraad of uitvoerende komitee. Deur hierdie leierskapsposisies te beklee word daar aan studente die geleentheid gegee om ʼn aktiewe rol in die ontwikkeling en bestuur van die instelling se studentelewe te speel en by opwindende projekte betrokke te wees.
Akademia bied deur die jaar kampe en aanlyn sessies (spesifiek vir nauurse leiers) aan waar hulle toegerus word om kreatief oor leierskapsuitdagings te dink.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE
Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.