Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Studeer in 2021 nauurs in Afrikaans

Gepubliseer op: 25 November 2020

Is jy onseker oor wat jy wil studeer? Werk jy voltyds, maar oorweeg nauurse studies? Wil jy graag in jou moedertaal studeer? Kom vind dan meer uit oor studiemoontlikhede by Akademia tydens die inligtingsessie wat op Saterdag 5 Desember vanaf 10:00 tot 11:00 by landswye studiesentrums, en in Windhoek, gehou word.

“Akademia hou spesiaal ʼn laaste geleentheid vir die jaar waar voornemende studente wat nauurs wil studeer, ten spyte van ʼn moeilik jaar wat talle ervaar het, hulle studieopsies vir 2021 vir oulaas kan oorweeg,” sê Paul Vogel, operasionele hoof by Akademia. “Hierdie inligtingsessie bied vir voornemende studente die geleentheid om ʼn eg Akademia-ervaring te kry van hoe interaktiewe kontaksessies nauurs aangebied word.”

Akademia bied ʼn wye reeks beroepsrelevante kwalifikasies waarvan jy kan kies, soos BCom (Ondernemingbestuur), Baccalaureus Legum (LLB) en BCom (Bestuursrekeningkunde) – en dit alles in Afrikaans. Die nauurse onderrigmodel het ʼn gerieflike rooster wat ideaal is vir werkendes wat wil studeer, of persone wat bedags ander belangstellings nastreef.

Akademia se unieke model gebruik gevorderde tegnologie om kontaksessies vanuit die ateljee in Centurion regstreeks na twaalf studiesentrums regoor die land en in Namibië uit te saai. Klasse in die studiesentrums is ten volle interaktief en kan studente, wat byvoorbeeld in Bloemfontein gesetel is, vrae aan Windhoek-studente rig. Klasse word opgeneem en beskikbaar gestel om dubbele akademiese ondersteuning te bied.

Boonop hoef afstand jou nie daarvan te weerhou om studies te voltooi nie. As jy verder as 80 kilometer van jou naaste Akademia-studiesentrum woon, kan jy aansoek doen vir die e-leer-opsie om virtueel klas te draf in die gerief en gemak van jou eie tuiste, en dus ook as jy in die buiteland woon.

Nou ja, waarvoor wag jy? Stuur die jaar 2021 in ʼn opwindende akademiese rigting!

Weens Covid-19-regulasies is daar beperkte sitplekke beskikbaar – verseker joune nou deur hier vir die inligtingsessie te registreer. Vir meer inligting oor Akademia se programaanbod, stuur ʼn e-pos na navrae@akademia.ac.za of WhatsApp aan 0861 222 888.