Gepubliseer op: 1 Oktober 2025
Marzé Becker (21), die nuwe voorsitter van Akademia se studenteraad (SR) vir die 2025/2026-termyn, is ʼn storiemens wat haar wêreld met staaltjies en lewenslesse inkleur. Niks maak haar meer gelukkig as om na mede-Fonties* se wedervaringe te luister nie, en sy deel ook graag staaltjies en lesse uit haar eie studiereis. Om dié rede is sy, tesame met die res van die nuut ingehuldigde studenteleierskorps, passievol daartoe verbind om die studentweesreis en -ervaringe vir Fonties – huidig én toekomstig, dapper en doelgerig te bewaar en steeds verder uit te bou.
“As studenteleiers is ons daartoe verbind om met woord én daad die instelling se reeds bruisende studentewêreld verder te help ontwikkel en om sonder enige skroom die storie en visie van Akademia wyd en syd uit te dra. Op dié manier sal ons kinders en húl kinders koersvas en verbonde aan ons geliefde instelling bly en sal ons stories vir altyd in hul harte en dade voortleef.”
Becker, wat op 15 Augustus 2025 as voorsitter ingehuldig is, volg in die voetspore van Johannes van Jaarsveld wat dié amp gedurende die 2024/2025-termyn beklee het.
ʼn Termyn van hoop én doelgerigte aksie
Tydens die prestige-inhuldigingsgeleentheid het Becker, in haar eerste optrede as SR-voorsitter, die SR simbolies vergelyk met ʼn groep kartograwe. Hierdie groep het dit nie ten doel om bloot ʼn kaart van bekende terreine oor te teken nie, maar eerder om met vasberadenheid en visie nuwe en alternatiewe paaie te verken en neer te pen.
“Ons werk as studenteleiers is drieledig: om die voetspore van diegene wat ons vooraf gegaan het met deernis te bewaar; om nuwe roetes te karteer waarlangs Fonties vandag en more kan reis; en om studente aan te moedig om aktief die Akademia-leefwyse te omhels,” verduidelik Becker. Gedagtig aan die kartograaf-metafoor, som Becker die SR se strewe vir hul ampsjaar as volg op:
om die ryke en verweefde verhaal van die instelling binne die groter milieu van die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe as ʼn rigtinggewende kompas vir volgende generasies voor te hou.
Meer oor Becker se eie studiereis
Becker is tans ʼn finalejaarstudent in die BCom (Ondernemingsbestuur)-program by wyse van die instelling se voltydse kampusmodel in Pretoria. Sy vertel opgewonde dat sy ná die voltooiing van haar studie verder gaan studeer en haarself in die Regte gaan bekwaam.
Nóg ʼn Becker-studentweesstorie wat vir groot belangstelling en verwondering sorg is dat sy en haar pa, Victor, medestudente is en boonop beide ʼn regsdroom koester. Haar pa studeer LLB via die nauurse afstandsmodel.
In die aanloop tot haar rol as SR-voorsitter het Becker verskeie studenteleierskapsrolle vertolk, waaronder SR-lid gemoeid met koshuise, primaria van Huis Dahlia en onderprimaria van Huis Strelitzia.
* Fonties verwys na studente wat aan Akademia studeer. Dié eienaam is afgelei uit die instelling se leuse, Ad futurum per fontes – na die toekoms deur die bronne.
Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.