KANTOOR VAN UITVOERENDE HOOF: AKADEMIE

Prof. Danie Goosen

Prof. Danie Goosen

DTh (Teologie)
Uitvoerende hoof:
Akademie

Prof. Danie Goosen studeer ekonomie, klassieke tale, teologie en filosofie aan die Universiteit van Pretoria (UP) en die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa). Hy voltooi die grade BCom, BA, BAHons (Wysbegeerte), BD en DTh.

Tydens sy studie is Goosen onder meer ʼn navorsingsassistent in die Departement Grieks aan die Universiteit van Pretoria. Hy voltooi sy proefskrif getiteld “Nietzsche en die verwondering” in die Departement Godsdienswetenskap aan Unisa. In dié tyd word hy ook as dosent in dieselfde departement aangestel, waar hy in 2008 tot volle professor bevorder word. In hierdie departement is hy veral verantwoordelik vir kursusse in die filosofie van die godsdiens.  Goosen bied ook vir etlike jare lesings oor die filosofie van die argitektuur in UP se Departement Argitektuur aan, sowel as ʼn kursus oor die moderne ervaring van skaarste in die Departement Filosofie aan dieselfde universiteit.

Goosen is lid van verskeie akademiese verenigings, waaronder die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Sy navorsing fokus op die Westerse metafisiese denke, die teologies-politieke probleem, die modernisme en postmodernisme as idee-historiese verskynsels, asook die godsdiens- en politiekfilosofiese vrae van ons tyd.

Goosen hou ʼn verskeidenheid lesings in die binne- en die buiteland. Tegelyk publiseer hy ook ʼn wye verskeidenheid van wetenskaplike en populêre artikels in ʼn veelheid van media, waaronder die omvangryke Die Nihilisme (2007), oor die geestelik-kulturele problematiek van ons tyd. In 2015 publiseer hy ʼn politiek-filosofiese werk, Oor gemeenskap en plek: Anderkant die onbehae (2015). Hy skryf tans aan ʼn werk oor die moderne konserwatiewe gedagte.

Prof. Goosen is vanaf 2004 die voorsitter van die direksie van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK). Hy is ʼn direksielid van AfriForum, die burgerregte-organisasie van die Solidariteit Beweging, asook ʼn lid van die direksie van Akademia.

Daan Goosen

Daan Goosen

MA (Filosofie)
Dosent:
Groot Boeke

Daan Goosen is ʼn dosent in die Groot Boeke-program by Akademia en het ʼn BA-graad in Visuele Kultuurstudies asook ʼn honneursgraad (cum laude) in hierdie dissipline aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Hy voltooi in 2024 ʼn meestersgraad (cum laude) in Filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat. Goosen se navorsingsfokus is die Westerse literatuur en die klassieke metafisika. Akademiese toekennings sluit in die volgende: dekaansmedalje vir beste meestersgraadverhandeling in die geesteswetenskappe aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy is reeds vier jaar by Akademia as dosent betrokke.

Dr. Daniël Maritz

Dr. Daniël Maritz

Bestuurder:
NP van Wyk Louw-sentrum en kapelaan

Dr. Morné Malan

Dr. Morné Malan

Dosent:
Groot Boeke

Dr. Morné Malan het sy doktorsgraad in Ou Testament aan die Universiteit van Pretoria (UP) verwerf. Hy het verder ʼn meestersgraad in Teologie, ʼn honneursgraad in Antieke Tale en Kultuur, asook ʼn BTh-graad, by dié universiteit voltooi. Malan is ook ʼn trotse alumnus van Akademia en het sy BCom-graad in Ekonomie en Regte aan dié instelling verwerf, waarna hy ʼn honneursgraad in Ekonomie by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) voltooi het. Hy is tans besig met ʼn MCom-graad in Ekonomie by die Noordwes-Universiteit (NWU). Malan is ʼn ervare dosent wat al ʼn wye verskeidenheid modules aangebied het. 

Zelda van Niekerk

Zelda van Niekerk

Persoonlike assistent:
Akademiese bestuur

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.