PERSONEEL
Akademia het uitnemende en roepinggedrewe personeel wat bydra tot ’n leerervaring van wêreldgehalte.
KANTOOR VAN DIE HOOF: PAARL-KAMPUS

Prof. Gawie du Toit
PhD (Didaktiek)
Hoof:
Paarl-kampus
Prof. Gawie du Toit het sy kwalifikasies, onder andere ʼn hoëronderwysdiploma, MSc-graad in Wiskunde en ʼn doktorsgraad in Didaktiek by die Universiteit van Vrystaat (UV) voltooi. Hy betree die hoër onderwys in 1987 as senior navorser in die destydse Navorsingsinstituut vir Onderwysbeplanning by dieselfde universiteit. In 1997 is hy aangestel as departementshoof van die Departement Didaktiek (later bekend as Kurrikulumstudie) in die Fakulteit Opvoedkunde aan die UV. Hy het ook die pos, programdirekteur: Voorgraadse programme, van 2010-2013 beklee.
Op 1 November 2013 is hy vir drie jaar gesekondeer om die BEd (Seniorfase en Verdere Onderwys en Opleiding)-program wat hy aan die UV ontwikkel het aan die nuutgestigte Sol Plaatje Universiteit (SPU) te implementeer. Sedert 2016 is hy voltyds by die SPU aangestel as hoof: Skool vir Opvoedkunde. Van 2019-2024 was hy aangestel as dekaan in die Fakulteit Opvoedkunde aan Akademia. Oor hierdie tydperk was hy ook waarnemende dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (2020-Januarie 2021) en ook van die Fakulteit Natuurwetenskappe (Mei 2023-2024).
Sy navorsingsfokus is op wiskunde-onderwys en kurrikulumontwikkeling gerig. Sedert sy toetrede tot die Fakulteit Opvoedkunde in 1997 het hy tien artikels en vyf hoofstukke in akademiese boeke gelewer. Hy het ook verskeie kongresbydraes gelewer op nasionale en internasionale vlak. Onder sy leiding het 22 meestergraadstudente en veertien doktorale studente hulle studies suksesvol voltooi. Du Toit was ook betrokke by navorsingprojekte saam met die Katolieke Universiteit van Leuven in België en die Universiteit van Alberta in Edmonton, Kanada. Verder was hy ook administrateur van verskeie takseersentrums vir onderwysleiers in die Vrystaat.
Sedert 1 Januarie 2025 is Du Toit aangestel as die hoof van die Paarl-kampus aan Akademia.

Tony van der Merwe
Bedryfsbestuurder:
Paarl-kampus
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE