Nuwe program vir 2025 | BA (Taalstudies)

Search
Close this search box.

Onderskei jouself in die werkplek met die Gevorderde Diploma in Projekbestuur

Gepubliseer op: 17 Oktober 2022

Het jy reeds ʼn driejaarkwalifikasie op NKR-vlak 6 voltooi en besef dat jy ʼn liefde vir projekbestuur het? Akademia bied ʼn Gevorderde Diploma in Projekbestuur aan vir persone wat hulleself verder in die rigting wil bekwaam. Die doel van dié gevorderde diploma is om studente toe te rus met projekbestuurbeginsels in die praktyk, sodat hul projekte suksesvol kan ontwikkel en bestuur. Hierdie omvattende eenjaarkwalifikasie is van toe­passing op beide internasionale en nasionale kontekste.

Die veelsydige program word op Akademia se nauurse afstandsmodel aangebied. Studente wat op hierdie onderrigleermodel studeer kan bloot via ʼn e-leeropsie vanaf enige plek ter wêreld te studeer. Op dié onderrigleermodel kan jy gemaklik studeer terwyl jy werk of ander drome nastreef. Gereelde gaslesings deur persone in die praktyk, pasgemaak vir elke module, word ook aan studente gebied, sê Juan Kriel, programkoördineerder van die Gevorderde Diploma in Projekbestuur. Hy vertel verder dat dié diploma modulêr gedoen word wat beteken dat modules sesweekliks afgeskryf word.

“Die diploma het baie deure vir my oopgemaak as dit kom by werksaansoeke,” sê Tian Pretorius, Akademia-alumnus wat in 2021 sy Gevorderde Diploma in Projekbestuur voltooi het. Pretorius werk tans as ʼn studenteadviseur by ʼn hoëronderwysinstelling in Pretoria. Hy het ook ʼn BCom-graad in Entrepreneurskap verwerf. “Ná die kwalifikasie het ek toe besluit om die Gevorderde Diploma in Projekbestuur te doen,” sê hy.

Kom vind meer uit oor hierdie gevorderde diploma tydens ʼn aanlyn inligtingsessie wat op Donderdag 3 November vanaf 18:00 aangebied word. Hierdie insiggewende sessie sal vir jou ʼn oorsig van Akademia bied, asook belangrike inligting verskaf oor die bogenoemde kwalifikasie. Daar sal ook ʼn gedeelte van die sessie aan vrae en antwoorde geallokeer word om sodoende enige kwelvrae uit die weg te ruim sodat jy met ʼn geruste hart ʼn ingeligte besluit kan neem.

Indien jy belangstel om hierdie sessie by te woon, bespreek gerus jou virtuele sitplek hier om toegang tot die sessie te verkry. 2023-studieaansoeke vir hierdie kwalifikasie sluit 31 Januarie 2023. Akademia, jou Afrikaanse studietuiste!

Akademia bied op Donderdag 3 November ʼn aanlyn inligtingsessie oor die Gevorderde Diploma in Projekbestuur aan.