Gepubliseer op: 2 Oktober 2024
Oktober is Onderwysermaand in Suid-Afrika. Gedurende dié maand word daar nie net erkenning gegee aan die toekomswerk waarmee onderwyslui hulself besig nie, maar daar word ook gefokus op die professionele voorbereiding van onderwysers. Akademia bied reeds vanaf 2021 die Nagraadse Onderwyssertifikaat (Senior Fase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys), ook bekend as NGOS, aan en dra só by tot die vorming van roepingsgedrewe onderwyslui.
Dié program, wat via die nauurse afstandsmodel aangebied word, het dit ten doel om vakspesialiste met professionele opleiding toe te rus om hul plek met selfvertroue in die klaskamer vol te staan. Hierdie opleiding sluit in die nodige pedagogiese inhoudskennis, toepaslike onderwysvaardighede én praktiese werkservaring.
Indien jy reeds oor ʼn toepaslike kwalifikasie beskik, en boonop ʼn passie vir onderwys het, oorweeg gerus dié program. Op Woensdag 9 Oktober 2024 kan jy inskakel by ʼn interaktiewe aanlyn inligtingsessie om jouself eerstehands van hierdie geleentheid te vergewis. Die sessie begin om 18:00 en sal die volgende aspekte dek:
Hierbenewens sal jy ook die geleentheid hê om direk met ʼn NGOS-alumnus te skakel en meer van haar persoonlike ervaring te hoor. Jy kan ook die vraag-en-antwoord-sessie benut om antwoorde op jou kwelvrae te kry. Bespreek jou plek hier.
Volgens Susan O’ Reilly, departementshoof vir Opvoedkundestudies, asook die programkoördineerder van die NGOS-program, lewer skoolhoofde gereeld baie positiewe terugvoer oor die instelling se goed gevormde onderwysstudente. Danksy die praktiese ondervinding wat tydens die proefonderwystydperk opgedoen word, is Akademia-studenteonderwysers volgens haar boonop in staat om suksesvol en veerkragtig in uiteenlopende skoolomgewings te funksioneer en ʼn daadwerklike impak te maak.
Die sluitingsdatums vir aansoeke vir die 2025- akademiese jaar wat die NGOS-program betref, is soos volg: 15 November vir studente wat die program in ʼn jaar wil voltooi, en 23 Desember vir studente wat die program oor ʼn tydperk van twee jaar wil voltooi.
Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 • Registrasienommer: 2011/HE08/005 | © Kopiereg 2024 – Akademia – Alle Regte Voorbehou
Privaatheidbeleid | Vrywaring | HelpDesk tool provider: HelpDesk | Chat provider: LiveChat
Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.