Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Nauurse Fonties neem deel aan verskeidenheid aktiwiteite in Februarie

28 Februarie 2024

Geskryf deur Megan Ferreira, Fontiepos-joernalis

Die 2024- akademiese jaar is pas uit die wegspringblokke en dit beteken dat ʼn propvol aktiwiteitskalender vir nauurse Fonties beskikbaar is. Hierdie aktiwiteite en gebeurlikhede word deur die nauurse studenteraad (SR) aangebied en beloof om vir baie pret en plesier te sorg!

Februarie was nie net die maand van liefde nie, maar ook Moedertaalmaand. Nauurse Fonties het die geleentheid gehad om aan die volgende aktiwiteite deel te neem:

  • Valentynsweek was letterlik ʼn kleurvolle geleentheid! ʼn Kleuruitdaging is aan Fonties gestel en volgens dié uitdaging het die kleur van jou uitrusting baie oor jou verhoudingstatus verklap.

Rooi: Verlief en verlore.

Blou: Gou spring, daar is ʼn ry.

Geel: Nee, dankie. Sopas enkellopend.

Groen: Bel my, ek is beskikbaar.

Grys: Liefde is vir die voëls.

Wit: Ek het iemand in die oog.

Oranje: Byt vas, ek gaan vandag my liefde verklaar.

Swart: Hou verby.

  • Op Valentynsdag het die klanke van romantiese musiektreffers die luggolwe gevul. ʼn Keuselys met ou en nuwe treffers, soos saamgestel deur Fonties, het die hartsnare geroer.
  • Ter viering van Internasionale Moedertaaldag is ʼn aanlyn vasvra aangebied. Deelnemers is behoorlik gepeper met algemene kennis vrae wat gehandel het oor alles van Afrikaanse kunstenaars, aanhalings, volksverhale en selfs resepte. Die aanbieder van die geleentheid was Chanellé Booyens (Studenteaktiwiteite: Nauurs).
Die nauurse Fonties het ook vanjaar Valentynsdag met ʼn musiekspeellys en ʼn kleur-uitdaging gevier.

Alle Fontiepos-artikels is deur studente vir studente geskryf en weerspieël nie noodwendig Akademia se mening of standpunt nie.