Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Moot-student vertel hoe sy die inperking oorleef

Gepubliseer op: 25 Junie 2020

Surina Meintjes, eerstejaarstudent, Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde

As ʼn werkende student is dit nie altyd maklik om alles in my lewe te balanseer nie. Ek hou nie altyd kop bo water nie, en sukkel om soms aan te pas by ʼn situasie as ek onder druk is of oorweldig voel. Maar ek glo wat my grootste prestasie, en die hoofgedagte agter my storie van hoop is, is my verhouding met God.

My hele lewe lank begeer ek ʼn verhouding met die Here. Dinge was nie altyd maklik nie en ek was nie altyd naby aan God nie, maar in die tyd van inperking het ek onbeskryflike geluk ervaar terwyl ek my verhouding met die Here bou en versterk. Niemand wat dit nog nie in hulle lewe ervaar het sal die asemrowende liefde wat die Here in soveel wonderlike maniere uitbeeld kan beskryf nie. Dit is werklik iets uit die Hemel.

My verhouding met my ouers het soveel verbeter en ek het myself meer begin liefhê, selfs met elke vetrolletjie en elke onvolmaakte deel van myself, binne en buite. Ek het soveel meer ongelooflike dinge ervaar en het besef dat die inperking eintlik baie goed is vir my, en my verhouding met die Here, en die mense na aan my.

Soos sommige mense wat my ken weet, is ek ʼn baie uitgesproke en vrolike dame, maar ander ken my weer as rustig en teruggetrokke. Ek het baie geleer hoe ek myself hanteer en hoe ek my emosies uitgebeeld het in die inperking, waar ek sekere dae borrelend was en sekere dae baie teruggetrokke.

Ek is eerlik baie dankbaar dat ek steeds van die huis af kon werk, ʼn salaris kon verdien en steeds kon volhou met my studies. Ek is dankbaar dat ek steeds gesond is, en ek dank die Here elke dag vir ʼn warm bed, ʼn bord kos en die ongelooflike voorreg om by Akademia te kan studeer.

My gevolgtrekking is heel eenvoudig, God is nie net daar wanneer jy op jou beste is nie, maar Hy is ook daar wanneer jy op jou slegste is. Hy wil jou ondersteun en vir jou sorg nie net wanneer dit goed gaan nie, maar sleg ook. Vertrou op Hom en Hy sal jou op die regte pad lei.

Ek het reeds so baie geleer by die Here en van die Here in die inperking en kan nie wag vir wat Hy nog in my toekoms vir my en met my gaan doen nie.

My gebed vir almal is dat hulle geluk en liefde ervaar van God af.

Surina Meintjes is ʼn eerstejaarstudent aan Akademia en studeer tans die Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde.