Search
Close this search box.

Akademia stel Loopbaansentrum vir studente bekend

Akademia het op 18 April tydens ʼn funksie in Centurion die Loopbaansentrum vir die instelling se studente bekendgestel. Lynette Beer, bekende motiveringspreker, het ook met die studente kom gesels oor temperamente in die werksomgewing en hoe om hul persoonlike en professionele drome te bewaarheid.

Volgens Mareli Swanepoel, bestuurder van Projekte by Akademia, maak dié sentrum deel van Akademia se vormingsideaal uit om afgeronde Afrikaanse studente aan gemeenskappe te lewer. “Hierdie sentrum bied aan studente die ideale geleentheid om waardevolle blootstelling in die werksplek op te doen asook insig te verkry in die verskillende loopbaanroetes wat ʼn individu met ʼn bepaalde kwalifikasie kan betree.”

Akademia-studente verkry die volgende voordele uit dié sentrum:

  • Dit bied studente die geleentheid om werkservaring op te doen en ʼn voorsprong in die werksplek ná voltooiing van studies te kry.
  • Dit help studente om bewus te wees van werksgeleenthede.
  • Dit berei studente voor en maak hul fiks vir werk.
  • Dit stel studente bloot aan die praktyk in verskillende rigtings van jou kwalifikasie.
  • Dit bied goeie CV-, onderhoud- en werksplekvoorbereiding asook -opleiding.
  • Dit bied die geleentheid om netwerke in die praktyk te bou.
  • Die bou van vriendskappe met medestudente wat ook op soek is na werk.
  • Dit bied deelname aan uitstekende mentorskapgeleenthede.
  • Dit help met die ontwikkeling van mensgerigte vaardighede.
  • Dit help met die uitbouing van kennis op akademiese sowel as kulturele gebied.

Die Loopbaansentrum by Akademia behels die volgende:

  • ʼn Posteportaal met ʼn lys van beskikbare poste, klerkskappe en internskappe – spesifiek vir Akademia-studente, oftewel Fonties.
  • ʼn Loopbaanontwikkelingsprogram – ʼn eliteprogram om gereed vir werk te wees wanneer studente afstudeer.
  • Werksvoorbereiding en -opleiding vir studente,
  • ʼn Jaarlikse loopbaanskou – hier ontmoet studente maatskappye vanuit die praktyk.
  • Loopbaanadvies vir voornemende en huidige Fonties.
  • Nuus oor geleenthede vir voortgesette leer (Akademia et al.).

Swanepoel vertel verder dat die publiek betrokke kan raak deur Akademia-studente as werknemers te werf of selfs internskappe beskikbaar te stel sodat hulle praktiese werkservaring kan opdoen in hulle bepaalde studierigtings. “Ons sien uit om hande te vat met die publiek om ʼn betekenisvolle en vrye toekoms vir Akademia-studente op hierdie manier te skep,” sluit sy af.

Indien jy ʼn pos of internskap aan Akademia-studente wil adverteer, klik gerus hier of stuur ʼn e-pos na loopbaan@akademia.ac.za vir meer inligting.

Akademia se Loopbaansentrum is op 18 April bekendgestel in Centurion met Lynette Beer as die gasspreker.

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.