Search
Close this search box.

koshuis@Leriba

koshuis@Leriba bied veilige, privaat koshuisverblyf aan 143 Akademia-studente in Clubview, Centurion. Die perseel is ongeveer 1,2 km vanaf die voltydse Centurion-kampus.

HUISKOMITEE 2023 | HUIS STRELITZIA

Neem kennis

Die koshuiswebblad word tans hersien. Laai gerus hier die nuuste inligting af.

Die strelitzia is ʼn pragtige plant wat volop by die koshuis@Leriba-perseel blom en wat boonop ook eg Suid-Afrikaans is. Dit het ʼn natuurlike skoonheid en is uiters aanpasbaar in moeilike omstandighede. Vandaar die naam vir die dameskoshuis, Huis Strelitzia. Die handelsmerk word gekenmerk deur die kleure lig- en donkergroen wat groei en optimisme beteken en ook na die skoonheid van natuur verwys. Die ander kleure is oranje wat na energie en entoesiasme verwys en pienk wat vroulik en liefdevol beteken.

Bóchulè Swanepoel

Primaria, Finansies en Klerasie, Kultuur

Marzé Becker

Onderprimaria, Seniors en Dissipline, Sosiaal, Gemeenskap

Kayla van der Ryst

Sport, Sekretaresse, Bemarking en Kommunikasie

HUISKOMITEE 2023 | HUIS HENNOPS

Die manskoshuis op koshuis@Leriba se naam is afgelei van die Hennopsrivier wat alombekend is en deur die Centurion-omgewing vloei. Die riviersimboliek is sterk aangesien ʼn rivier dui op lewe en die toerus van lewe. Die rivier spruit vanuit die sterk Olifantspruit en vandaar die majestieuse olifant op die handelsmerk van die manskoshuis. Die aardse kleure van die koshuishandelsmerk verwys na die natuur en rustigheid van die omgewing. Die sandbruin, donkerblou van die water en die groen van die natuur verwys na ontspanning, uithouvermoe en selfversekering.

Dandré Nortjé

Primarius, Kultuur, Akademie, Ondersteuning, Finansies en Klerasie

Christiaan Wessels

Onderprimarius, Dissipline en Sosiaal

Cameron Ungerer

Eerstejaars, Sport, Bemarking en Kommunikasie

Janku van der Merwe

Gemeenskap, Sekretaris, Instandhouding en Seniors

Meer inligting oor privaat koshuisverblyf

Huisves 143 studente.

Dubbelkamers met aangrensende badkamers.

Aparte mans- en damesblokke is beskikbaar.

Kamers is ten volle toegerus met ʼn lessenaar per student, twee enkelbeddens, bedtafel, ingeboude kaste, en koffiestasie met klein yskas.

Veilige opelugparkering beskikbaar.

Was- en opdrooggeriewe op die perseel.

Swembad en braaigeriewe op die perseel beskikbaar.

Studiesale is beskikbaar.

Daar is ʼn toegangsbeheergimnasium beskikbaar aan studente.

WAT IS DIE VERBLYFKOSTES?

R6 185 per student vir ʼn dubbelkamer per maand (R1 300 se etes ingesluit)

HOE WERK DIE TOEDELING VAN KAMERS?

Huurders doen aansoek vir ʼn kamer op die verdieping van hulle keuse. Aansoeke word chronologies hanteer. Dit wil sê dat huurders wat eerste aansoek vir verblyf doen en eerste toelating tot studies by Akademia kry, voorkeur geniet. Kamers word opgedeel in dames- en manseenhede.

Kontakbesonderhede oor koshuisverblyf

Stuur ʼn e-pos na koshuisverblyf@akademia.ac.za.

Maak gerus ʼn afspraak om die eenhede en omliggende fasiliteite te besigtig.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.