Koshuise en daghuise
ʼn Dinamiese koshuis- en daghuislewe is die hartklop van die voltydse studente-ervaring by Akademia. Beide die Pretoria- en Paarl-kampusse se koshuise bied vir studente die geleentheid om diep gemeenskapsbande te vorm, studenteleierskap te ontwikkel en voluit aan die kampuskultuur deel te neem. Inwoonkoshuise en daghuise is beskikbaar vir dames en mans – om ʼn betekenisvolle tuiste te skep. In albei opsies geniet studente deelname aan koshuisaksies, kultuurgeleenthede, sport en ander saamweesgeleenthede wat studentelewe uniek maak.
Inwoonkoshuise
Daghuise
Akademia het ʼn damesdaghuis en ʼn mansdaghuis waarby Akademia-studente kan aansluit. Die doel van ʼn daghuis is om vir studente wat deel
van ons voltydse kampusmodel is, maar nie in ʼn koshuis bly nie, die geleentheid te bied om die pret van die koshuis- en studentelewe te geniet.
Sodoende kan die studente koshuisaksies, dinees en alle kultuur- en sportfunksies van die daghuis bywoon en deel vorm van ʼn unieke en
besondere koshuiskultuur.
Inligting oor aansoeke vir daghuise sal direk aan studente gekommunikeer word tydens hulle eerstejaar.
Alle koshuisaansoeke word via die studieaansoekportaal ingedien. Vir enige navrae stuur ʼn e-pos na koshuisverblyf@akademia.ac.za
Vanaf 2026 sal daar ʼn damesdaghuis en ʼn mansdaghuis wees waarby Fonties op die nuwe voltydse Paarl-kampus kan aansluit.
Die doel van ʼn daghuis is om vir studente wat deel van ons voltydse kampusmodel is, maar nie in ʼn koshuis bly nie, die geleentheid te bied om die pret van die koshuis- en studentelewe te geniet. Sodoende kan die studente koshuisaksies, dinees en alle kultuur- en sportfunksies van die daghuis bywoon en deel vorm van ʼn unieke en besondere koshuiskultuur.
Inligting oor aansoeke vir daghuise sal direk aan studente gekommunikeer word tydens hulle eerstejaar.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE