Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Klaar studeer, wat nou?

Gepubliseer op: 28 Januarie 2022

Geskryf deur Mari Ferreira, projekkoördineerder: Werkende mark

Met jou studies agter die rug en jou toekoms wat blink, is dit belangrik om vir ʼn oomblik stil te staan en na te dink oor jou toekoms. Die pad vorentoe mag dalk vir jou onbekend lyk, maar met harde werk, goeie uithouvermoë en die wil om uit te styg, kan jy ʼn sukses van jou loopbaan maak en vir jouself ʼn betekenisvolle en vrye toekoms skep.

Hier is ʼn paar praktiese wenke vir jou om jou loopbaan suksesvol af te skop:

1. Effektiewe beplanning

“Daardie ou gesegde is waar: Gee my ses ure om ʼn boom af te kap en ek sal die eerste vier gebruik om my byl skerp te maak. Sukses lê nie net in uitvoering nie, maar ook in beplanning.” Só sê die lewensafrigter en motiveringspreker Godfrey Madanhire.

Effektiewe beplanning en goeie tydsberekening is die sleutel tot sukses. Akademia het ook ʼn dagboek op Die Winkel beskikbaar om jou te help met jou tydsbestuur.

2. Werksgeleenthede

Met jou studies agter die rug, is jy gereed om die werksplek te betree. Met ʼn goeie CV kan jy baie vermag en aansoek doen vir jou droomwerk! Skep vandag nog jou profiel op WerkNet en bly op hoogte van beskikbare poste en geleenthede in jou taal!

3. Lees en bly op hoogte

Maroela Media se (gratis) nuustoepassing beteken dat jy gebalanseerde en betroubare nuus altyd in die palm van jou hand het. Bly op hoogte van nuus, belangrike gebeure en tendense in jou mark om voortou te kan neem wanneer jy met kollegas en vriende gesels, in die werksplek of om die braaivleisvuur.

4. Kortkursusse en verdere studies

Wees innoverend en verryk jou kennis deur verdere studies en kortkursusse. S-leer help jou met persoonlike ontwikkeling wat jou in staat stel om jou loopbaandoelwitte te bereik. Klik gerus hier vir meer inligting oor S-leer se kortkursusse.

Vir verdere studies is Akademia steeds jou tuiste, gesels gerus met ʼn werwer in jou omgewing vir meer inligting oor verdere studies.

5. Omring jouself met die goeie

Identifiseer vir jouself ʼn mentor, iemand na wie jy kan opkyk en na wie jy kan gaan met vrae oor jou toekoms, loopbaan en werk. Wees ook ʼn ambassadeur in jou omgewing en skep vir ander ʼn voorbeeld. Omring jouself met goeie vriende, positiewe denke en heerlike koffie.

Jou toekoms is blink en jou loopbaanreis begin hier. Maak die beste van elke oomblik, werk hard en wees trots op die dinge wat jy doen. Jou werk is jou getuigskrif, jou optrede en jou trots. Voorspoed vir die nuwe jaar!

As lid van die Akademia-alumnivereniging kan jy aktief by jou alma mater betrokke bly deur aan alumni-aktiwiteite deel te neem en ʼn trotse ambassadeur van Akademia in jou gemeenskap, die land en die wye wêreld te wees.

Mari Ferreira is ʼn passievolle projekkoördineerder by Akademia en ook ʼn alumnus van dié instelling.