Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Werk vinniger en slimmer danksy KI-tegnologie

Gepubliseer op: 25 Julie 2023

Geskryf deur Mareli Swanepoel, bestuurder: Projekte by Akademia.

Kunsmatige intelligensie (KI) blyk die gonswoord van die oomblik te wees. Indien jy, soos soveel ander mense, skepties is oor die impak van hierdie slimtegnologie en bekommerd is dat kletsbotte eersdaags die wêreld van werk gaan oorneem: ontspan. Sagte vaardighede sal altyd hoog in aanvraag bly.

Sagte vaardighede is subjektiewe vaardighede, en staan ook bekend as interpersoonlike vaardighede omdat dit verband hou met die manier waarop mense deur verskillende interaksies met ander mense omgaan. Voorbeelde hiervan sluit in kommunikasievaardighede, tydsbestuur, kritieke denke, probleemoplossing en interpersoonlike vaardighede.

Dit is egter belangrik om ʼn gees van vooruitstrewendheid na te volg, en jy kan dit doen deur goed vertroud te wees met nuwe tegnologie, soos byvoorbeeld KI. Op dié manier kan jy jouself in die werkplek onderskei en op die koop toe jou werk baie vinniger verrig en slimmer aanpak.

Probeer gerus hierdie KI-toepassings in 2023:

  1. Chat GPT is ʼn geoutomatiseerde KI-program wat met ʼn gebruiker kan gesels en op navraag byna enigiets vir jou kan oplos.
  2. Writesonic is ʼn KI-skrywer wat jou met enige skryfwerk kan help.
  3. Midjourney laat jou toe om deur middel van KI-tegnologie kunstige beelde te skep.
  4. Replit kan jou help om aanlyn projekte te skep en programkodering te doen.
  5. Synthesia word gebruik om KI-gegenereerde video-inhoud te skep.
  6. Soundraw se KI-musieksagteware help om agtergrondmusiek vir inhoudskeppers te genereer.
  7. Fliki se innoverende teks-na-video-funksie stel gebruikers in staat om binne enkele minute video-inhoud te skep deur teks na ʼn video om te skakel.
  8. Starrytars help jou om pasgemaakte avatars te ontwikkel.
  9. Slides AI help jou om PowerPoint-aanbiedings te skep.
  10. Remini word gebruik om foto’s te redigeer en te wysig.
  11. Pictory help jou om video’s te redigeer en te wysig.
  12. Wordtune is ʼn KI-aangedrewe lees- en skryfoplossing wat in staat is om grammatikafoute reg te stel, konteks te verstaan en alternatiewe skryfstyle voor te stel.

Bron: AI Revolution: Instagram

Mareli Swanepoel meen dat KI en die toepassing daarvan jou kan help om nie net tyd te spaar nie, maar ook om slimmer te werk te gaan.