Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Jou studiereis begin hier, voltydse Fontie!

24 Januarie 2024

Geskryf deur Kayla Roets, Fontiepos-joernalis

Baie geluk, nuwe Fontie! Jy het die eerstejaarskamp oorleef. Nou wag ʼn opwindende oriënteringstydperk vir jou. Die volgepakte program beloof om jou te help om die oorgang vanaf skolier na volwaardige Fontie te oorbrug.

Tydens hierdie tydperk sal alle kwelvrae oor akademie, klasse, die Spens, studentewelstand en baie meer uit die weg geruim word. Jy sal ook die geleentheid kry om ʼn dieper begrip van die kampuskultuur te ontwikkel. Verwelkom die nuwe fase in jou studentelewe deur aktief deel te neem aan die verskeie sessies.

Die oriëntering skop af op 27 Januarie waar eerstejaars by die koshuise kan intrek. Daarna volg ʼn groot samekoms op die Centurion-kampus waar alle voltydse eerstejaar-Fonties en hul ouers bymekaarkom vir ʼn vol program soos deur die studenteraad en huiskomitees gelei.

Tydens oriëntering sal jy ook bekendgestel word aan jou studenteraad, die verskillende huiskomitees, jou klasmaats en baie meer. Die sessies sal jou ook meer vertel oor die studentelewe en alles waaraan jy kan deelneem. Daar sal sportproewe vir netbal, tennis, rugby en meer wees, asook oudisies vir sang, toneelspel en musiekinstrumente vir die eerstejaarskonsert. Dié konsert, wat op 9 Februarie plaasvind, is ʼn groot geleentheid op die eerstejaarkalender. Hier werk die koshuise in sleepverband saam aan onvergeetlike produksies.

Eerstejaars gaan ook lekker saameet tydens oriëntering en lewenslange vriendskappe smee. Daar gaan ook groot nuus bekendgemaak word oor liefdadigheidsaksies in koshuisverband. Hou gerus hierdie spasie dop!

Ons sien daarna uit om hierdie twee weke saam met julle te ervaar. Jy gaan meer as net jou voete vind, jy gaan ook meer oor jouself leer as deel van die Akademia-gemeenskap.

Huis Strelitzia se optrede tydens verlede jaar se eerstejaarskonsert.
Koshuisstudente kan uitsien na ʼn verskeidenheid spanbou-aktiwiteite tydens oriëntering.

Alle Fontiepos-artikels is deur studente vir studente geskryf en weerspieël nie noodwendig Akademia se mening of standpunt nie.