Studieaansoeke vir 2025 is reeds oop

Search
Close this search box.

Internasionale Liefdadigheidsdag: Hoe kan jy ʼn verskil maak?

6 Oktober 2023

Geskryf deur Juné Jordaan, Fontiepos-adjunkredakteur

Vanjaar is Internasionale Liefdadigheidsdag op 5 September gevier. Daar was deur die loop van die dag nagedink oor hoe ʼn mens in jou gemeenskap kan terugploeg en werklik ʼn verskil kan maak. Op só ʼn dag moet mens liefdadigheidsinstellings onthou wie se arms sterk gehou moet word sodat hulle kan aanhou om die pilare van die gemeenskap te wees. Die bydraes kan wissel van blikkieskos of klere wat geskenk word tot geld wat aan die instellings gegee word.

Akademia skep gereeld geleenthede waar Fonties in die gemeenskap kan terugploeg en sodoende die gemeenskap se welstand bevorder, soos byvoorbeeld die bloedskenkaksie wat op 29 Augustus plaasgevind het asook Komplimentedag op 1 September.

Fonties kan mekaar ook help deur by te dra tot die Akademia-skenkingsfonds. Daar is jaarliks baie Fonties wat gebruik maak van studiebeurse, afbetalingsopsies en studielenings. Jaarliks word dit ook eksponensieel meer. Deur elke klein skenking, dit kan selfs R50 per maand wees, help jy om ʼn student se toekoms te help vorm en sodoende ook aan ons land se toekoms.

Verskeie ander skenkings wat sal verseker dat Akademia die beste vir hul studente kan bied sluit ook in:

  • Musiekinstrumente
  • Sporttoerusting
  • Bordspeletjies
  • Konsertkostuums
  • Leesboeke en vele meer

Akademia het verder ook die Help ʼn Fontie-komitee gestig waar die hooffokus is om studente te identifiseer wat emosionele hulp benodig en om aan hul die nodige hulp te verskaf.

Nie net is daar verskeie maniere om met barmhartigheid op te tree deur gebruik te maak van Akademia se hulpbronne nie, maar daar is ook meer as genoeg geleentheid op ander plekke soos kerke en skole. Neem ʼn oomblik in hierdie maand om iets te doen wat jou gemeenskap sal bevorder en jou toewyding aan ons land se toekoms sal uitbeeld.

 

Alle Fontiepos-artikels is deur studente vir studente geskryf en weerspieël nie noodwendig Akademia se mening of standpunt nie.