Studieaansoeke vir 2025 is reeds oop

Search
Close this search box.

Hoe om ʼn QR-kode te skep

6 Oktober 2023

Geskryf deur Anien van Niekerk, Fontiepos-joernalis

In die moderne, tegnologiesgedrewe wêreld van kitsskakels, is dit belangrik om te weet hoe om ʼn QR-kode te skep.

ʼn QR-kode is ʼn gerieflike manier om toegang tot verskeie inligtingsvorme te verkry, dit in ʼn klein spasie te stoor en te deel. QR-kodes kan teksboodskappe, URL-skakels, besigheidskaartjies en selfs koördinate bevat. Akademia maak self al vir jare gebruik van QR-kodes om studente se teenwoordigheid by klasse, toetse en eksamens aan te teken.

Om ʼn QR-kode te skep klink dalk soos ʼn komplekse proses, maar dit is eintlik heel eenvoudig. In hierdie artikel deel die Fontiepos-span die stappe wat julle kan volg om julle eie QR-kodes te skep.

Stap 1: Kies die aanlyn QR-kode-skepperprogram (of toep) wat jy wil gebruik. Daar is baie gratis webtuistes tot ons beskikking, insluitende QR Code Generator en QRbot.

Stap 2: Kies die dataformaat wat jy aan die QR-kode wil koppel. Gaan dit ʼn teksboodskap, ʼn webwerf-URL of ʼn telefoonnommer wees?

Stap 3: Koppel jou data aan die velde wat deur die sagteware verskaf word. Indien jy ʼn URL of teks invoer, probeer dit ten alle tye onder 300 karakters hou.

Stap 4: Besluit op die kleur van die QR-kode. Meeste QR-kodes is net wit en swart, maar partykeer is dit lekker om meer kreatief te wees en van die sagteware se funksies gebruik te maak om verskeie kleure of selfs prentjies by te voeg.

Stap 5: Jy kan nou jou QR-kode aflaai en dit met ander deel. Die kode kan in PDF-, JPG-, PNG- en SVG-formaat afgelaai word. Maak net altyd seker dat jou QR-kode duidelik is en dat daar genoeg spasie rondom dit is.

Nou is dit julle beurt! Gaan skep vir die lekkerte daarvan julle eie QR-kodes en stuur dit vir jou vriende en familie – selfs al wil jy net spog omdat jy weet hoe om een te maak.

 

Alle Fontiepos-artikels is deur studente vir studente geskryf en weerspieël nie noodwendig Akademia se mening of standpunt nie.