Nuwe program vir 2025 | BA (Taalstudies)

Search
Close this search box.

Huis Valorem huisves tans 22 studente en is gerieflik geleë op Akademia se Centurion-kampus in Die Hoewes. Die ruim selfsorgwoonstelle is 50 meter vanaf die hoofingang van die kampus. Huis Valorem dien ook as daghuis waarby Akademia-studente, wat privaat bly, kan aansluit en deel vorm van die koshuiskultuur en -aksies.

HUISKOMITEE 2023

Die naam van dié huis is deur die eerste inwoners in 2021 gekies. Die naam dui volgens die Latynse letterkunde op waarde, integriteit en ʼn sterk karakter. Huis Valorem het ook twee troeteldiere, die goudvisse Marcus en Aurelius, en vandaar die vis in die handelsmerk. Die kleure van die handelsmerk (goudgeel, koningsblou en donkerblou) dui op sterk staan, status, geloofwaardigheid en professionaliteit. Sedert 2022 is Huis Valorem ook ʼn daghuis waar studente wat privaat bly kan deel vorm van koshuislewe sonder om fisies in die koshuis te woon.

Ontmoet die huiskomitee vir 2022-2023

Primarius, Instandhouding, Seniors en dissipline:
Dylan Wagner

Onderprimaria, Daghuis, Eerstejaars en Gemeenskap:
Janda-Marie Bezuidenhout

Stel jy belang om deel te vorm van die daghuis?

Meer inligting oor Huis Valorem

Nege ruim tweeslaapkamerswoonstelle met ingeboude kaste beskikbaar.

Twee ruim drieslaapkamerswoonstelle met ingeboude kaste beskikbaar.

Elke wooneenheid het ʼn kombuis wat deur die huurders gedeel word.

Woonstelle is ingerig met ʼn bad, stort en toilet.

Vyf wooneenhede is op die eerste vloer beskikbaar, met ses op die grondvloer.

Daar is 24 uur-toegangsbeheer by die hoofhek, elke woonstel het ʼn veiligheidshek, en sekuriteitspersoneel is op die perseel aan diens.

Daar is skadunetparkering voor die woonstelblok beskikbaar.

Aansoeke vir studenteverblyf (hangende beskikbaarheid) word jaarliks in September oorweeg.

Wat is die huurder se eie verantwoordelikheid?

Bed

Lessenaar

Breek- en eetware

Sitkamerstel / stoele

Wasmasjien

Gordyne

Linne

Yskas

Geen WiFi beskikbaar nie (die kampus voorsien WiFi vanaf kafeteria tot in klaskamers)

Tuinmeubels word vir grondvloereenhede toegelaat

Eie etes (studente kan vir hulle eie rekening vooraf etes by die kafeteria bestel)

Huurders is verantwoordelik om self krag vir vooruitbetaalde kragmeters aan te koop

*Studente wat eenhede deel kan afspreek wie watter items bydra.

WAT IS DIE VERBLYFKOSTES?

Kostes vir 2023: R4 030

HOE WERK DIE TOEDELING VAN KAMERS?

Huurders doen aansoek vir kamer op vloer van hulle keuse. Aansoeke word chronologies hanteer. Dit wil sê dat huurders wat eerste aansoek vir verblyf doen, en eerste toelating tot studies by Akademia kry, voorkeur geniet. Woonstelle word opgedeel in dames- en manswoonstelle.

IS DAAR ALTERNATIEWE STUDIEVERBLYF AS DIE STUDENT NIE PLEK KRY NIE?

Studente kan ook aansoek doen by koshuis@Leriba se twee koshuise, Huis Hennops (manskoshuis) en Strelitzia (dameskoshuis). Klik hier vir meer inligting oor koshuis@Leriba. De Goede Hoop, ’n moderne, privaat Afrikaanse studentekoshuis in Pretoria bied ook verblyf aan studente. Besoek gerus De Goede Hoop se webblad.

Kontakbesonderhede oor koshuisverblyf

Kontak Tinus Dodds by 082 820 1394 of stuur ʼn e-pos na koshuisverblyf@akademia.ac.za.

Maak gerus ʼn afspraak om die eenhede en omliggende fasiliteite te besigtig.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE