Nuwe program vir 2025 | BA (Taalstudies)

Search
Close this search box.

Is jy ʼn Akademia-student, wat nie ʼn inwonende koshuisstudent is nie, maar wat graag aktief betrokke wil raak by Akademia se koshuislewe?

Dan is Akademia se Daghuis, Huis Valorem, Die regte plek vir jou!

Die doel van ʼn daghuis is om vir studente wat deel van ons voltydse kampusmodel is, maar nie in ʼn koshuis bly nie, die geleentheid te bied om die pret van die koshuis- en studentelewe te geniet. Sodoende kan jy koshuisaksies, dinees en alle kultuur- en sportfunksies van Huis Valorem bywoon en deel vorm van hierdie unieke en besondere koshuiskultuur. Deur aan te sluit by die daghuis gaan jy jou medestudente baie vinnig leer ken, asook toegang kry tot klerasiepakkette. Ons moedig jou aan om spoedig aan te sluit sodat jy kan deelneem aan al die koshuisaktiwiteite en oriëntering as deel van Huis Valorem.

Die klerasiepakket is spesifieke klerasie vir Huis Valorem-studente sodat die huislede eenvormig en netjies lyk wanneer koshuise se formele drag gedra word (Dinsdae en met koshuisvergadering). Addisioneel het Valorem-studente dan die opsie om dieselfde klerasie aan te trek wanneer sosiale aksies / sportwedstryde / kultuurfunksies plaasvind. Alle klerasieitems is plaaslik vervaardig en van hoë gehalte. Die pakket bevat die volgende.

Eerstejaars:
1 x formele knopieshemp (mans) / 1x formele bloes (dames)
1x strikdas (mans) / 1 x serpie/scrunchie (dames)
1x netjiese pet
1x Huis Valorem-T-hemp

Seniors:
1x formele langmou-knopieshemp (mans)/ 1x formele bloes (dames)
1x informele knopieshemp (mans)/ 1x stylvolle rok (dames)
1x strikdas (mans)
1x netjiese pet (mans en dames)
1x Valorem-T-hemp (mans en dames)

Die koste van hierdie pakket is R1 400 (vir beide geslagte).

Om betrokke te raak by die daghuis gaan daar van jou verwag word om aktief deel te neem en op te daag vir aksies en gebeure soos wat die huiskomitee van Huis Valorem met jou gaan kommunikeer. Daar gaan van jou verwag word om ʼn aansluitingsfooi (koshuiskas) te betaal asook ʼn klerasiepakket aan te koop.

Die koshuiskas is ʼn jaarlikse betaling van R250 wat deur elke student betaal word om deel te neem aan ons bruisende studentelewe en koshuislewe. Daardie finansies word gebruik om verskeie sport-, kultuur-, gemeenskap- en sosiale aksies moontlik te maak.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE