koshuis@Leriba bied veilige, privaat koshuisverblyf aan 143 Akademia-studente in Clubview, Centurion. Die perseel is ongeveer 1,2 km vanaf die voltydse Centurion-kampus.
HUISKOMITEE 2023 | HUIS STRELITZIA
Die strelitzia is ʼn pragtige plant wat volop by die koshuis@Leriba-perseel blom en wat boonop ook eg Suid-Afrikaans is. Dit het ʼn natuurlike skoonheid en is uiters aanpasbaar in moeilike omstandighede. Vandaar die naam vir die dameskoshuis, Huis Strelitzia. Die handelsmerk word gekenmerk deur die kleure lig- en donkergroen wat groei en optimisme beteken en ook na die skoonheid van natuur verwys. Die ander kleure is oranje wat na energie en entoesiasme verwys en pienk wat vroulik en liefdevol beteken.
Primaria, Finansies en Klerasie, Kultuur:
Bóchulè Swanepoel
Onderprimaria, Seniors en Dissipline, Sosiaal, Gemeenskap:
Marzé Becker
Sport, Sekretaresse, Bemarking en Kommunikasie:
Kayla van der Ryst
HUISKOMITEE 2023 | HUIS HENNOPS
Die manskoshuis op koshuis@Leriba se naam is afgelei van die Hennopsrivier wat alombekend is en deur die Centurion-omgewing vloei. Die riviersimboliek is sterk aangesien ʼn rivier dui op lewe en die toerus van lewe. Die rivier spruit vanuit die sterk Olifantspruit en vandaar die majestieuse olifant op die handelsmerk van die manskoshuis. Die aardse kleure van die koshuishandelsmerk verwys na die natuur en rustigheid van die omgewing. Die sandbruin, donkerblou van die water en die groen van die natuur verwys na ontspanning, uithouvermoe en selfversekering.
Primarius, Kultuur, Akademie, Ondersteuning, Finansies en Klerasie:
Dandré Nortjé
Onderprimarius, Dissipline en Sosiaal:
Christiaan Wessels
Eerstejaars, Sport, Bemarking en Kommunikasie:
Cameron Ungerer
Gemeenskap, Sekretaris, Instandhouding en Seniors:
Janku van der Merwe
Huisves 143 studente.
Dubbelkamers met aangrensende badkamers.
Aparte mans- en damesblokke is beskikbaar.
Kamers is ten volle toegerus met ʼn lessenaar per student, twee enkelbeddens, bedtafel, ingeboude kaste, en koffiestasie met klein yskas.
Veilige opelugparkering beskikbaar.
Was- en opdrooggeriewe op die perseel.
Swembad en braaigeriewe op die perseel beskikbaar.
Studiesale is beskikbaar.
Daar is ʼn toegangsbeheergimnasium beskikbaar aan studente.
R6 185 per student vir ʼn dubbelkamer per maand (R1 300 se etes ingesluit)
Huurders doen aansoek vir ʼn kamer op die verdieping van hulle keuse. Aansoeke word chronologies hanteer. Dit wil sê dat huurders wat eerste aansoek vir verblyf doen en eerste toelating tot studies by Akademia kry, voorkeur geniet. Kamers word opgedeel in dames- en manseenhede.
Slegs van toepassing op studente wat reeds hulle studieaansoek suksesvol voltooi het.
Kontakbesonderhede oor koshuisverblyf
Kontak Tinus Dodds by 082 820 1394 of stuur ʼn e-pos na koshuisverblyf@akademia.ac.za.
Maak gerus ʼn afspraak om die eenhede en omliggende fasiliteite te besigtig.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE
Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 • Registrasienommer: 2011/HE08/005 | © Kopiereg 2023 – Akademia – Alle Regte Voorbehou
Privaatheidbeleid | Vrywaring | HelpDesk tool provider: HelpDesk | Chat provider: LiveChat