Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Hoe om voor te berei vir die eksamens

6 Oktober 2023

Geskryf deur Megan Ferreira, Fontiepos-joernalis

Elkeen van ons is uniek, en het ons eie wyse van studeer en om ons tyd te bestuur. Elkeen van ons het ʼn spesifieke manier om ʼn probleem op te los asook ʼn tegniek om die take wat afgehandel moet word betyds in te handig. Hiermee deel die Fontiepos-span ʼn paar wenke oor hoe jy op die beste wyse moontlik vir jou eksamen kan voorberei.

Die meeste van ons begin nie ʼn dag voor die tyd voorberei vir die eksamen nie. Sommige van ons begin alreeds ʼn volle maand voor ʼn groot eksamen voorberei, hetsy dit nou die maklikste module is of die moeilikste module. Daar is ʼn paar van ons wat wel langer neem om ʼn groot deel van die inhoud of teorie te begryp, en ander studente leer baie vinniger en boonop verstaan hulle dit ook.

Ek glo dat die beste moontlike wyse om voor te berei vir enige eksamen, is om alreeds ʼn paar weke voor die eksamentyd aanbreek die inhoud te neem, met ʼn glimpen te sit en die belangrikste punte uit te lig. Daar is ook heelwat studente wat studeer deur om in die huis se gang af te stap, die teorie hardop te lees en dit vir hulself te verduidelik. Dan is daar ook diegene wat in stilte by hul lessenaar sit en met ʼn witbord en viltpen (kokipen) sit en sketse teken. Die belangrikste om te onthou is dat elke persoon op hul eie manier leer, verstaan en begryp.

Die ander baie belangrike punt om ook hier te onthou, is dat die gebruik van energiedrankies ook hierby ter sprake is. Sommige studente is van die mening dat mens die drankie kan gebruik terwyl jy studeer, maar nie tot so ʼn ongesonde mate dat jy uitbrand weens laataande of gesondheidsprobleme daarmee ondervind nie. Hiermee saam is dit ook bitter belangrik dat dit geensins nodig is om tot die volgende oggend te studeer of tot op die laaste paar minute voor die toets nie. Op hierdie manier brand jy jouself uit, nog voordat jy begin het met die toets. Jou breinfunksie is stadiger, jy is moeër en boonop kan jy ʼn nadelige verslawing opdoen deur te veel energiedrankies te drink.

Sterkte met die eksamen wat voorlê, Fonties! Die span by die Fontiepos staan bankvas agter julle!

 

Alle Fontiepos-artikels is deur studente vir studente geskryf en weerspieël nie noodwendig Akademia se mening of standpunt nie.