Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Douvoordag op ʼn blou Maandag

6 Oktober 2023

Geskryf deur Marisha Hermann, Fontiepos-joernalis

Louisa Visser, studenteraadslid van Verenigings, vertel met groot opwinding oor die nuwe aksie waaraan Fonties kan deelneem: “Trap ʼn toon, drink ʼn boon”. Studente kan een keer ʼn maand bymekaar kom en ʼn vroeë oggenddraffie kom geniet. Visser sê dat Fonties die week op hierdie manier op ʼn hoogtepunt kan begin, want “ʼn Gesonde liggaam huisves ʼn gesonde gees”.

Ná die drafsessie geniet die deelnemers saam ʼn koppie koffie, waar daar dan geleentheid is om lekker te kuier en die samekoms te geniet. Die Fontie-gemeenskap kan bymekaarkom in gesonde gees.

Die eerste aksie het aan die einde van Augustus plaasgevind by die Irene Oval in Centurion. Hou die Akademia-groepe dop vir die volgende datum.

Die Akademia-drafgroep tydens hul eerste aksie in Augustus.

Alle Fontiepos-artikels is deur studente vir studente geskryf en weerspieël nie noodwendig Akademia se mening of standpunt nie.