Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Ontmoet dr. Juran van den Heever, deeltydse dosent by Akademia

6 Oktober 2023

Geskryf deur Anien van Niekerk, Fontieposjoernalis

Hierdie maand het ons die geleentheid gehad om een van Akademia se deeltydse dosente beter te leer ken – dr. Juran van den Heever. Hier volg ʼn paar vrae wat ons aan hom gestel het:

1.Wat is vir jou die lekkerste deel van jou beroep?

Huistoegaantyd natuurlik! – Grappie.

Ek is tans ʼn deeltydse dosent by Akademia. My eintlike beroep is as hoofbemarkingsbeampte by ʼn maatskappy met die naam Fio Capital. Ek doen ook inkubasiesessies met opkomende maatskappye om hulle handelsname gevestig te kry en dit gee vir my baie energie.

  1. Wat is volgens jou die beste deel daarvan om te doseer?

Die lekkerste deel daarvan is om met die studente te werk en my kennis met hulle te deel. Ek het altyd nuwe energie nadat ek klasgegee het.

  1. Hoe het jy by Akademia begin werk?

Ek was jare gelede een van die eerste dosente by Akademia. Ons was net vier dosente op daardie stadium en daar was net 30 geregistreerde studente. Ek het op daardie tyd sewe modules aangebied. Ek is nou weer ʼn deeltydse dosent in die Departement Tale en Kultuurwetenskappe.

  1. Hoe het Akademia van die begin af tot nou verander?

Akademia staan sy skoene mooi vol. Ek is bitter trots op Akademia en waartoe die spoginstelling op pad is.

  1. Waaroor is jy die mees opgewonde in verband met Akademia se toekoms?

Die nuwe kampus wat op die horison is. In my opinie is elke tree wat Akademia egter neem, ʼn tree in die regte rigting.

  1. Watse Afrikaanse treffer is op die oomblik jou gunsteling?

Riaan Benadé se Spontaan.

Dr. Juran van den Heever is ʼn deeltydse dosent in die Departement Tale en Kultuurwetenskappe.

 

Alle Fontiepos-artikels is deur studente vir studente geskryf en weerspieël nie noodwendig Akademia se mening of standpunt nie.