Aansoeke is steeds oop
Gepubliseer op: 13 Oktober 2023
Geskryf deur Karien Brits, taalpraktisyn by Akademia
Internasionale Gewonetaaldag word jaarliks op 13 Oktober gevier. Wat word met gewone taal (in Engels plain language) bedoel en hoekom sou ʼn mens dit vier? Gewone taal is taalgebruik wat komplekse onderwerpe en sake vir die gewone mens toeganklik maak en word gewoonlik in die regs-, finansiële en mediese wêreld gebruik. So gewoon as wat gewone taal mag klink, verteenwoordig dit ʼn navorsingsgebied op sy eie en die waarde daarvan moet nie onderskat word nie.
Daar is ʼn paar faktore wat in ag geneem moet word as jy teks toeganklik wil maak, maar hier is ʼn paar taalwenke wat al kan help.
Die bedrywende vorm moet eerder as die lydende vorm gebruik word. Die vorige sin is in die lydende vorm. Lees die sin nou in die bedrywende vorm: Gebruik eerder die bedrywende vorm as die lydende vorm. Die lydende vorm skep afstand en word daarom dikwels in akademiese tekste gebruik om die indruk van objektiwiteit te skep.
Daar is natuurlike baie ander aspekte wat aandag geniet in die skep van teks in gewone taal. Daar is byvoorbeeld die uitleg en grafiese elemente wat ook bydra tot ʼn suksesvolle teks. Daar is natuurlik ook ʼn plek en ʼn tyd vir al die verskillende soorte tekste en nie alles hoef in gewone taal geskryf te word nie. Dit is wel goed om op hierdie dag te dink wat ons wel met ons skryfwerk wil bereik. As hierdie artikel jou belangstelling geprikkel het, kan jy gerus ook hier meer lees oor hoe gewone taal in Afrikaans lyk.
Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 • Registrasienommer: 2011/HE08/005 | © Kopiereg 2023 – Akademia – Alle Regte Voorbehou
Privaatheidbeleid | Vrywaring | HelpDesk tool provider: HelpDesk | Chat provider: LiveChat