Kampusopedag op 10 en 11 Mei is in

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Fonties se algemene kennis word getoets tydens Noot vir Noot-kompetisie

Geskryf deur Megan Ferreira, joernalis by die Fontiepos

Akademia spog vanjaar met ʼn dinamiese studentegemeenskap van meer as 3 500 studente. En dié studente is dit eens: Fonties geniet ʼn bruisende studentelewe! Akademia se studentelewe is besig om eksponensieel te groei en dit sluit die voltydse sowel as nauurse studentelewe in.

Op 25 April het beide voltydse kampusstudente sowel as nauurse afstandstudente deelgeneem aan ʼn Noot vir Noot-kompetisie. Dié gewilde vasvrakompetisie toets nie net Fonties se musiek- en algemene kennis nie, maar bevorder ook goeie spangees en die smee van nuwe vriendskappe.

Tydens die kompetisie word jy 10 sekondes gegee om ʼn verskeidenheid algemene kennis-vrae te beantwoord en die wenners stap weg met Akademia-handelsmerkitems soos ʼn bottel Akademia-wyn, T-hemp of boekprys.

Chanellé Booyens, is reeds sedert 2022 die aanbieder van dié vasvra-kompetisie. Die kompetisie word via die aanlynplatform Kahoot! aangebied, wat beteken dat Fonties vanaf enige plek kan inskakel om deel te neem. Daar is ook nie ʼn beperking op die hoeveelheid deelnemers nie. Booyens som dit mooi op as sy sê: “Al wat studente moet doen om by dié lekkerlag-aktiwiteit ingesluit te word, is om in te skakel en deel te neem. Dit is vermaak uit die boonste rakke!”

Indien jy aan die volgende kompetisie wil deelneem – hou die Studentesake-spens en jou Whatsapp-groepe dop vir meer inligting!

Alle Fontiepos-artikels is deur studente vir studente geskryf en weerspieël nie noodwendig Akademia se mening of standpunt nie.