Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Eerste studente vir BCom (Ekonomie en Regte)

Gepubliseer op: 2 Junie 2016

Akademia kondig met trots aan dat die eerste studente vir sy jongste kwalifikasie, BCom (Ekonomie en Regte), in April aanvaar is. Hierdie graad word vanaf 2017 aangebied en verdere aansoeke word ingewag.

Die BCom (Ekonomie en Regte) is Akademia se derde graadprogram. Dit volg op die instelling van BCom (Ondernemingsbestuur) in 2014 en BCom (Bestuursrekeningkunde) in 2015. Al Akademia se kwalifikasies is behoorlik geakkrediteer in dieselfde akkreditasieproses wat alle openbare universiteite se kwalifikasies beoordeel.

Die BCom (Ekonomie en Regte) is ʼn graad wat studente vertroud maak met beginsels van ekonomie en regte en die toepassing daarvan in die sakewêreld. Dit lê ook die grondslag vir nagraadse spesialisasie op beide hierdie terreine.

Die koste per jaar beloop slegs R31 400, wat ‘n tabletrekenaar en internettoegang by Akademia se studiesentrums insluit. Studente woon kontaksessies in enige van Akademia se sewe studiesentrums landswyd by.

Klasse word na-ure en Saterdae aangebied, sodat skoolverlaters reeds tydens hul studie ʼn inkomste kan verdien en werkservaring kan opdoen; en sodat diegene wat reeds werk sonder onderbreking van diens kan studeer.

Akademia ontwikkel tans verdere grade en aankondigings oor nuwe akkreditasies sal later vanjaar gemaak word.

Video: Vir ‘n onderhoud op kykNET se Die GROOT Ontbyt met Elzette le Roux, programbestuurder van die BCom Ekonomie en Regte, klik hier.

Inskrywings en verdere besonderhede: Vir besonderhede oor die program en inskrywings, volg hierdie skakel na die programblad op Akademia se webtuiste.