6 Februarie
Eerste klasse skop af vir BSc (Rekenaarwetenskappe) en LLB op die voltydse kampusmodel.
13 April
Akademia-simposium bespreek geleenthede en uitdagings in die Afrikaanse media.
9 Junie
Akademia vier Wêreldakkreditasiedag met antwoorde op gereelde vrae rakende akkreditasie en erkenning van kwalifikasies wat aan die instelling gerig word.
28 Augustus
Akademia tree as gasheer op vir ʼn konferensie deur die Discovery Institute vanuit die VSA.
1 November 2023
Akademia het Zydèlia Venter as die nuwe hoof vir Bemarking en Kommunikasie aangestel.
26 April
Prof. Jerzy Koch, bekende Poolse akademikus en letterkundige van die Adam Mickiewicz-Universiteit in Pole het vroeër vandeesmaand as ʼn gas van Akademia se nuutgevonde Taalsentrum met eerstejaarstudente in Afrikaans van die Fakulteit Opvoedkunde oor letterkunde en tale in kontak gesels.
14 Augustus
Akademia se nuutverkose studenteraad (SR) vir die 2024/2025-termyn is op ʼn luisterryke wyse ingehuldig op die instelling se Gerhardstraat-kampus in Centurion.
28 Januarie
Akademia vier die bekendstelling van die nuwe BCom (Rekeningkunde)-program wat deur die ACCA geakkrediteer is.
25 Junie
Prof. Gawie du Toit is nuut aangestel as die hoof van Akademia se Paarl-kampus.
10 Maart
Akademia verwelkom nuwe koordirigent, Hano van der Walt.
5 Februarie
Akademia se eerste BCom (Bestuursrekeningkunde)-studente word tydens oriëntering verwelkom.
2 Februarie
Akademia verwelkom die eerste studente in BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie).
8 Februarie
Die instelling kondig aan dat ʼn CIMA-toekenning vir onderriguitnemendheid tydens ʼn virtuele toekenningsplegtigheid ontvang is.
27 September
Die splinternuwe studenteraad (SR) vir 2021/2022 is op die Centurion-kampus tydens ʼn spoggeleentheid ingehuldig.
21 en 22 April
Akademia ken die meeste kwalifikasies nog toe tydens die jaarlikse kwalifikasieplegtigheid. ʼn Totaal van 339 kwalifikasies is by die Atterbury Teater in Pretoria toegeken.