3 April
Akademia-studieaansoeke vir 2024 is oop.
25 Mei
Akademia bied weer ʼn suksesvolle vakkeuseaand vir graad 9’s en hul ouers aan.
14 Augustus
Akademia Uitgewery stel opnuut met trots die boek Middeleeuse filosofie bekend as deel van ʼn opwindende ooptoegangsinisiatief.
7 November
Akademia, Bo-Karoo Opleiding en Sol-Tech het kragte saamgespan en ʼn nasionale ouerveldtog, gemik op ouers van kinders in graad 7-12, van stapel gestuur.
16 April
Die Departement Tale en Kultuurwetenskappe het ʼn Joernalistieksimposium aangebied waar die rol van die media tydens verkiesings bespreek is.
25 Julie
Chrislie Boers, ʼn dosent in Regsgeleerdheid aan Akademia, het ʼn referaat tydens die Internasionale Kongres van die Akademie vir Regte en Geestesgesondheid (IALMH) in Barcelona, Spanje aangebied.
19 November
Dosente in die BA (Kommunikasie en Joernalistiek)-program het ʼn dinamiese sosialemediawerkswinkel aan verskeie nieregeringsorganisasies (NRO’s) aangebied.
2 Junie
Akademia se Fakulteit Opvoedkunde verwelkom prof. Johnnie Hay as nuwe dekaan.
27 Januarie
Die splinternuwe Paarl-Fonties het die heel eerste eerstejaarskamp van die Paarl-kampus bygewoon.
2 Julie
Lede van die Akademia-gemeenskap het feestelik ʼn glas geklink op die bekendstelling van die instelling se tweede wyn, Ode aan De Vrijburger.
11 September
Akademia kondig groot nuus aan dat hy goeie matriekprestasie gaan beloon by wyse van die daarstelling van akademiese merietebeurse vir 2024-matrikulante.
9 Mei
Akademia stel ses onderrigleersentrums (Boksburg, Centurion, Die Moot, Roodepoort, Stellenbosch en Vanderbijlpark) regoor Suid-Afrika bekend.
1 Oktober
Akademia ontvang die nuus dat die BCom (Bestuursrekeningkunde)-kwalifikasie deur CIMA (Chartered Institute of Management Accountants) erken word – boonop met die grootste vrystelling van CIMA-eksamens in Suid-Afrika.
7 Augustus
Akademia publiseer sy eerste oorspronklike werk, opgevolg met ʼn monumentale boek oor die Middeleeuse filosofie.
25 Augustus
Akademia kondig aan dat BEd (Intermediêre Fase-onderwys) vanaf 2022 by die Centurion-kampus voltyds deur topakademici aangebied gaan word.