*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

28 Maart

Akademia stel ereleerstoel in veiligheidstudies bekend.

17 Mei

Akademia Uitgewery stel pret-aktiwiteitsboek vir kinders, Fontieland, bekend.

2 Augustus

Akademia tree as gasheer op vir internasionale filosofiese NAWG-kongres.

15 November

Akademia bied ʼn aanlyn inligtingsessie aan oor die nagraadse diplomas in onderskeidelik Belasting en Bestuursrekeningkunde.

11 April

465 kwalifikasies word by die jaarlikse kwalifikasieplegtigheid oorhandig.

10-19 Julie

Akademia se Loopbaankantoor het ʼn nuwe baadjie aangetrek en ʼn suksesvolle loopbaanskou in Centurion en Bloemfontein aangebied.

4 Oktober

Louis en Willem Albertyn met hul besigheid Avo Guy is as wenners van 2024 se BCom (Ondernemingsbestuur): Sakeplankompetisie aangewys.

8 Mei

Akademia was deel van die Solidariteit Beweging se letterkonvooi ter viering van Afrikaans 100.

28 November

Akademia en Kanton het ʼn sooispitseremonie op die Mooiplaats-terrein gehou om die aanvang van die eerste konstruksiefase van dié monumentale ontwikkelingsprojek in te lei.

24 Junie

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) het Akademia op ʼn betekenisvolle wyse bekroon met die toekenning van die Erepenning vir die Bevordering van Uitnemende Onderwysersopleiding.

27 Januarie

Twee bykomende koshuise vir Akademia-studente, Huis Magalies en Huis Dahlia, is bekendgestel.

3 Januarie

Ontvang die nuus dat Akademia as hoëronderwysinstelling geregistreer is. Die instelling word op 19 Januarie 2012 aan media en akademici bekendgestel.

16 Maart

Akademia ken eerste grade in BCom (Bestuursrekeningkunde) toe.

12 Junie

Akademia stel ʼn gratis Afrikaanse verwysingsgids vir skole beskikbaar.

27 Julie

Akademia stel die wêreldbekende koordirigent, Franco Prinsloo, aan.