13 Junie
Akademia maak die nuus bekend dat die Wes-Kaap-kampus na alle waarskynlikheid in die Paarl-omgewing gesetel gaan wees en dat prof. Gawie du Toit, wat tans die dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde by Akademia is, as die hoof van die Wes-Kaap-kampus diens gaan doen. Tony van der Merwe is ook as bedrewe bedryfsbestuurder vir die Wes-Kaap aangestel […]
11 Oktober
Akademia se eerste alumnikomitee is aangewys om as ambassadeurs voor te vat.
15 April
Akademia se Fakulteit Regsgeleerdheid spog vanaf 2025 met ʼn splinternuwe toevoeging tot sy programaanbod, naamlik die Hoër Sertifikaat in Arbeidsreg.
12 November
Akademia en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns sluit ʼn vennootskap ter viering én uitbouing van Afrikaans as wetenskapstaal.
20 Mei
Akademia se Fakulteit Opvoedkunde brei sy nagraadse programaanbod verder uit met die bekendstelling van die BEdHons (Kurrikulumstudies)-program.
18 Januarie
Akademia bied ʼn aanlyn inligtingsessie oor studie in 2024 aan.
10 Februarie
Die studiesentrums in Port Elizabeth en Windhoek verwelkom eerste studente.
8 April
Akademia maak bekend dat die instelling se eerste nagraadse kwalifikasies, en ʼn eerste programaanbod vanuit die Fakulteit Opvoedkunde, vanaf 2021 op die nauurse afstandmodel aangebied sal word.
28 April
Akademia het op 28 April die netbalspan ingehuldig, waar die spanlede, gaste en borge mekaar kon leer ken en bande kon smee.
21 Februarie
Die eerste taalkonferensie met die tema – Afrikaans, ʼn taal met ʼn toekoms – vind by koshuis@Leriba plaas.
20 Julie
Akademia stel op 20 Julie Loopbaanlens bekend om skoliere, studente en werkendes te help met onsekerheid oor vak- en loopbaankeuses.
7-11 November
Akademia se navorsingsweek wat by Leriba in Centurion plaasgevind het was nog ʼn hoogtepunt tydens die instelling se tiende jaar van klasgee.
23 Maart
Akademia stel navorsingsuitslae van #Studentelewe-veldtog bekend.
12 Mei
Akademia-kampusopedag rigtingaanwyser vir talle voornemende Fonties.
20 Julie
Die NP van Wyk Louw-sentrum ontvang vir prof. Johann Rossouw van die Universiteit van die Vrystaat (UV) om ʼn openbare lesing te lewer.