*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

29 Maart

Akademia-konferensie bespreek uitwerking van nuwe energiebelange op die Suid-Afrikaanse staat.

17 Mei

Akademia-simposium bou aan die laerskoolonderwys-legkaart vir die toekoms.

3 Augustus

Akademia se studenteraad (SR) vir die 2023/2024-termyn is amptelik ingehuldig op die instelling se Centurion-kampus.

13 Augustus

Akademia maak die musiekvideo van hul universiteitslied bekend.

11 April

Akademia vier sy studente se akademiese en leierskapsprestasies by die jaarlikse prestigefunksie.

1-14 Julie

Een-en-veertig derdejaarstudente in onderskeidelik die nauurse BCom (Finansiële Beplanning)-program en die voltydse BCom (Finansiële en Bestuursrekeningkunde)-program het ʼn simulasie-opleidingsprogram ondergaan en hulself só bekwaam om elektroniese belastingopgawes te kan voltooi.

4-8 November

Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe het hul eerste Internasionale Week aangebied.

2 Junie

Akademia stel sy eerste Woordmeesters-taalkompetisie bekend in trotse samewerking met die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) en Pretoria FM as mediavennoot.

22 Januarie

Die Nagraadse Diploma in Bemarkingsbestuur is op die Leriba-kampus in Pretoria bekendgestel.

1 Julie

Dr. Jaco du Toit is met die ingang van Julie 2026 as die waarnemende dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe by Akademia aangestel.

10 September

Akademia se Fakulteit Regsgeleerdheid het ʼn simposium aangebied oor Geneeskundige Reg in die akademie en die praktyk.

3 Maart

Akademia verwelkom 42 studente in vier programme tydens die instelling se eerste kontaksessies.

11 April

Akademia onthul sy nuwe visuele identiteit tydens ’n glansgeleentheid.

30 Junie

Akademia kondig aan dat BSc (Wiskundige Wetenskappe), ʼn eerste in die Fakulteit Natuurwetenskappe, vanaf 2021 op die Centurion-kampus aangebied gaan word.

30 Julie

Akademia het ʼn suksesvolle eerste groot gholfdag gehou en R80 000 is vir die Akademia Skenkingsfonds ingesamel.