*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

31 Januarie

Akademia teken samewerkingsooreenkoms met Hongaarse universiteit.

12 April

Akademia koop “professor” ter viering van akademiese hoof se 70ste verjaarsdag.

01 Junie

Eerste BComHons (Ondernemingsbestuur)-studente voltooi ʼn opwindende eerste semester.

21 Augustus

Akademia verwelkom dr. André Van Zyl van die Universiteit van Johannesburg (UJ) om die NP Van Wyk Louw-sentrum se maandelikse openbare lesing te lewer.

13 November

ʼn Afvaardiging van Akademia het vanaf 13 tot 16 November aan ʼn jaarlikse internasionale samewerkingsweek van die Artevelde Universiteit vir Toegepaste Wetenskappe in Gent, België, deelgeneem.

24 April

Akademia se nuwe dames- en mansdaghuise, Huis Daglelie en Huis Karoo, het onlangs hul nuwe handelsmerke bekendgestel.

1 Augustus

Akademia en die eiendomsontwikkelingsmaatskappy, Kanton, het die nuwe kampusontwikkelingprojek van Akademia in Pretoria as deel van die Toekomsbouer-veldtog bekendgestel.

1 Januarie

Akademia vier Afrikaans se eeufees as amptelike taal met onder andere die jaartema: Afrikaans en tuis.

3 Junie

ʼn Eerste koorkomitee is saamgestel vir die Akademia-koor.

7 Februarie

Die eerste Spore-projek van die Paarl-kampus het met groot sukses afgeskop.

8 Julie

Dr. Willem Gravett het sy intreerede as hoogleraar gelewer. Die amp van hoogleraar is die hoogste eerbetoon wat die instelling aan ʼn akademikus betoon.

20 September

Die Departement Bestuurswetenskappe aan Akademia se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe het ʼn baie insiggewende seminaar oor etiese besluitneming en verantwoordbare leierskap aangebied.

10 Februarie

Akademia se eerste BCom (Ondernemingsbestuur)-studente word tydens oriëntering verwelkom.

2 Februarie

Akademia se nuwe blokrooster neem aanvang.

26 Januarie

Eerste studente in die Fakulteit Opvoedkunde word tydens oriëntering verwelkom. Die Nagraadse Onderwyssertifikaat (Senior Fase- en VOO-onderwys) word vanaf 2021 vir die eerste keer aangebied.