15 Januarie
Akademia stel met trots die Nagraadse Diploma in Skoolleierskap en -bestuur bekend.
24 Junie
Die Fakulteit Geesteswetenskappe het tydens ʼn spesiale bekendstellingsgeleentheid by Pierneef’s Kraal in Pretoria ʼn glasie ter viering van die instelling se nuwe BA (Algemeen)-program geklink.
9 Februarie
Akademia koop die woord “hoogleraar” by die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.
20 Julie
Akademia het sy eerste kuberkraakswerkswinkel op die instelling se Paarl-kampus aangebied.
17 September
Artium, Akademia se jaarlikse kuns- en kultuurskouspel, is deur die Akademia-studenteraad (SR) aangebied.
10 Februarie
Akademia se eerste BCom (Ondernemingsbestuur)-studente word tydens oriëntering verwelkom.
2 Februarie
Akademia se nuwe blokrooster neem aanvang.
26 Januarie
Eerste studente in die Fakulteit Opvoedkunde word tydens oriëntering verwelkom. Die Nagraadse Onderwyssertifikaat (Senior Fase- en VOO-onderwys) word vanaf 2021 vir die eerste keer aangebied.
4 September
Akademia bied eerste groot kampusopedag aan sowel as suksesvolle Elite-Fontiedag op die Centurion-kampus.
8 April
Akademia se Departement Regsgeleerdheid het ʼn simposium gehou oor regsvaardighede in die LLB-kurrikulum.
01 September
Carami van der Vyver en haar besigheid, Heart of Courage, is aangewys as die 2022-wenner van die BCom (Ondernemingsbestuur): Sakeplankompetisie.
6 Februarie
Eerste klasse skop af vir BSc (Rekenaarwetenskappe) en LLB op die voltydse kampusmodel.
13 April
Akademia-simposium bespreek geleenthede en uitdagings in die Afrikaanse media.
9 Junie
Akademia vier Wêreldakkreditasiedag met antwoorde op gereelde vrae rakende akkreditasie en erkenning van kwalifikasies wat aan die instelling gerig word.
28 Augustus
Akademia tree as gasheer op vir ʼn konferensie deur die Discovery Institute vanuit die VSA.