10 Oktober
Akademia het op die tiende dag van die tiende maand (10 Oktober) tien jaar van klasgee gevier tydens ʼn glansfunksie wat by die Sol-Tech-kampus in Pretoria gehou is.
16 Februarie
Akademia stel ereleerstoel in onderwysleierskap bekend.
17 April
Akademia stel eerste koffiewinkel Sowel As bekend.
26 Junie
Akademia huisves boekversameling van baanbrekertaalhistorikus, prof. Edith Raidt.
7 September
Die Fakulteit Opvoedkunde het ʼn openbare lesing en oop gesprek by Leriba in Centurion aangebied oor klassieke onderwys.
22 Februarie
Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe het ʼn paneelgesprek in reaksie op die begrotingsrede aangebied.
8 Mei
Dr. Ernst Roets, beleidshoof van die Solidariteit Beweging, het tydens een van die NP van Wyk Louw-sentrum se maandelikse openbare lesings op die Gerhardstraat-kampus verskeie temas in die Dune-reeks vir studente, akademici en die publiek kom uitpak. Sy tema vir die openbare lesing was: “Hoe om Dune tussen die lyne te lees.”
24 Augustus
Akademia se Fakulteit Regsgeleerdheid het, in samewerking met die Solidariteit Regsnetwerk, ʼn studentesimposium en netwerkgeleentheid in die Paarl aangebied.
21 Januarie
Rico Hammann (24) is Akademia se eerste afgestudeerde LLB-alumnus wat tot die Prokureursorde toegelaat is as praktiserende prokureur.
14 Augustus
Akademia het vir die eerste keer die Woordmeesters-taalkompetisie aangebied ter viering van Afrikaanse Taaldag.
17 April
Die Sowel As-waentjie is op die Gerhardstraat-kampus bekendgestel ter viering van Sowel As se derde verjaarsdag.
27 Januarie
Twee bykomende koshuise vir Akademia-studente, Huis Magalies en Huis Dahlia, is bekendgestel.
20 Julie
Akademia stel die nuwe kwalifikasie, BCom (Ekonomie en Regte) tydens ’n dinee in Pretoria bekend. Hierdie graad word vanaf 2017 aangebied.
1 Februarie
Akademia verwelkom die eerste studente in Baccalaureus Legum (LLB).
6 Maart
Akademia hou vir die eerste keer ooit ʼn kampusdeurry ter viering van die kampusopening.