Nagraadse Diploma in Skoolleierskap en -bestuur op luisterryke wyse bekendgestel

Nagraadse Diploma in Skoolleierskap en -bestuur op luisterryke wyse bekendgestel Gepubliseer op: 7 Februarie 2025 Akademia se Fakulteit Opvoedkunde het op Donderdag 6 Februarie 2025 die nuwe Nagraadse Diploma in Skoolleierskap en -bestuur op ʼn luisterryke wyse met ʼn ereleerstoellesing bekendgestel. Dié geleentheid, wat op die instelling se Leriba-kampus in Centurion plaasgevind het, is deur […]
Akademia-kundiges help jong skoolleiers om impakvolle mentors te word

Akademia-kundiges help jong skoolleiers om impakvolle mentors te word Gepubliseer op: 7 Februarie 2025 Akademia as ʼn gemeenskapsinstelling het dit ten doel om by uitstek diensbaar te wees aan die onderskeie gemeenskappe waarin die instelling funksioneer. Gedagtig hieraan het dosente* verbonde aan die Fakulteit Opvoedkunde aan die einde van Januarie ʼn opleidingsgeleentheid in Mpumalanga aangebied […]
Hardopleesdag: Só kan lees in die klaskamer bevorder word

Hardopleesdag: Só kan lees in die klaskamer bevorder word Gepubliseer op: 5 Februarie 2025 Geskryf deur Lianda Coetzer, bibliotekaris by Akademia. Dit is vandag, 5 Februarie 2025, Wêreldhardopleesdag. Vandag word ons opnuut herinner aan die belangrikheid én positiewe ontwikkelingsimpak wat hardoplees en stories vir kinders inhou. Dit is dan ook nie ʼn verrassing dat dié […]
Is onteiening sonder vergoeding ongrondwetlik? Akademia-kundige verduidelik omstrede Onteieningswet

Is onteiening sonder vergoeding ongrondwetlik? Akademia-kundige verduidelik omstrede Onteieningswet Gepubliseer op: 5 Februarie 2025 Geskryf deur prof. Reghard Brits, ʼn praktiserende regskenner en deeltydse dosent verbonde aan Akademia se Fakulteit Regsgeleerdheid. Een van die mees omstrede aspekte van die nuwe Onteieningswet (Wet 13 van 2024) is dat dié wetgewing die staat magtig om eiendom teen […]
Hardoplees: ʼn Groot ontwikkelingsgeskenk – Akademia-kenners

Hardoplees: ʼn Groot ontwikkelingsgeskenk – Akademia-kenners Gepubliseer op: 5 Februarie 2025 Geskryf deur Brianda Bester en Marnelda de Beer, beide dosente verbonde aan Akademia se Fakulteit Opvoedkunde. Wêreldhardopleesdag word elke jaar op die eerste Woensdag van Februarie gevier en vanjaar vind dié geleentheid op Woensdag 5 Februarie plaas. En net vóór jy dink dat dit […]
Akademia-alumnus ʼn ware pionier as alma mater se eerste toegelate regspraktisyn

Akademia-alumnus ʼn ware pionier as alma mater se eerste toegelate regspraktisyn Gepubliseer op: 4 Februarie 2025 Rico Hammann (24) is nie nét ʼn trotse Akademia-alumnus nie. Hy is óók, gedagtig aan sy alma mater se verbondenheid tot pionierskap, ʼn voorloper én geskiedenismaker wat die instelling se Fakulteit Regsgeleerdheid betref. Hammann is die eerste afgestudeerde LLB-alumnus […]
Akademia verwelkom hoof van Finansies en Infrastruktuur

Akademia verwelkom hoof van Finansies en Infrastruktuur Gepubliseer op: 3 Februarie 2025 Akademia kondig met trots die aanstelling van Daniel (Danie) Jansen van Vuuren, ʼn bewese geoktrooieerde rekenmeester met jare se ervaring binne die korporatiewe finansiële omgewing, as die instelling se hoof: Finansies en Infrastruktuur aan. Jansen van Vuuren se aanstelling is effektief vanaf 1 […]
Word veranderingsfiks en stap jou loopbaantoekoms met selfvertroue tegemoet – Akademia-kundige

Word veranderingsfiks en stap jou loopbaantoekoms met selfvertroue tegemoet – Akademia-kundige Gepubliseer op: 31 Januarie 2025 Die wêreld verander teen ʼn snelle pas terwyl innoverende tegnologieë en toekomstendense op ʼn byna daaglikse basis nuwe en opwindende geleenthede tot gevolg het. Hierdie realiteit het ook ʼn besliste invloed op beroepsbeplanning en -voorbereiding. Dr. Annelize van Antwerp, […]
Akademia in 2025: Tuis in ons roepingsgedrewe vormingstaak

Akademia in 2025: Tuis in ons roepingsgedrewe vormingstaak Gepubliseer op: 28 Januarie 2025 Akademia as onafhanklike hoëronderwysinstelling sal in 2025 roepingsgedrewe voortbou op die positiewe momentum wat in die voorafgaande jaar ontsluit is en só verdere stukrag aan sy klassieke vormingsideaal gee. Só sê Marthinus Visser, die instelling se besturende direkteur. Die wese van die […]
Nuwe BCom (Rekeningkunde)-program – ʼn Viering vir Akademia én die arbeidsmark

Nuwe BCom (Rekeningkunde)-program – ʼn Viering vir Akademia én die arbeidsmark Gepubliseer op: 28 Januarie 2025 Akademia het op Dinsdag 28 Januarie 2025 die amptelike bekendstelling van die gesogte BCom (Rekeningkunde)-program by die Alpine Attitude-boetiekhotel in Pretoria gevier. Dié program, wat binne die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe gesetel is, sal vanjaar sy eerste groep studente […]
As onteiening sonder vergoeding jou in die gesig staar – Akademia-kundige

As onteiening sonder vergoeding jou in die gesig staar – Akademia-kundige Gepubliseer op: 28 Januarie 2025 Geskryf deur prof. Reghard Brits, ʼn praktiserende regskenner en deeltydse dosent verbonde aan Akademia se Fakulteit Regsgeleerdheid. Die omstrede nuwe Onteieningswet is onlangs deur die president onderteken, maar is nóg nie in werking nie. Onteiening is die verpligte verkryging […]
Eerstejaarskamp-2025: Fonties tuis in gesonde studentepret

Eerstejaarskamp-2025: Fonties tuis in gesonde studentepret Gepubliseer op: 24 Januarie 2025 Fonties so ver as die oog kan sien! Só beskryf Douard d’Assonville, bestuurder: Studentelewe en koshuise by Akademia, die samekoms van ʼn rekordgetal van 415 nuwe eerstejaarstudente tydens Akademia se jaarlikse eerstejaarskamp. Dié kamp, wat ʼn hoogtepunt op die instelling se studentelewekalender verteenwoordig, is […]
Die rol van onderwysers in die era van kunsmatige intelligensie (KI)

Die rol van onderwysers in die era van kunsmatige intelligensie (KI) Gepubliseer op: 24 Januarie 2025 Geskryf deur Susan O’Reilly en dr. Maretha Steyn, beide verbonde aan die Fakulteit Opvoedkunde by Akademia. Die versnelde ontwikkeling van kunsmatige intelligensie (KI) en ander digitale stelsels posisioneer onderwys aan die voorpunt van een van die mees fundamentele vraagstukke […]
2025-Matrikulant: Werk nou reeds aan ʼn eindeksamenplan

2025-Matrikulant: Werk nou reeds aan ʼn eindeksamenplan Gepubliseer op: 23 Januarie 2025 Geskryf deur Santie Louw, ʼn dosent in Professionele Studies en kenner in Wiskunde-onderwys by Akademia. Die 2025-skooljaar is in volle swang en vir duisende matrikulante van dwarsoor die land lê ʼn baie belangrike laaste fase in hul skoolloopbaan voor. Indien jy jouself in […]
Nauurse afstandsmodel maak studie vir Springbok-rugbyspeler moontlik

Nauurse afstandsmodel maak studie vir Springbok-rugbyspeler moontlik Gepubliseer op: 23 Januarie 2025 Johan Grobbelaar (27), haker van die Springbokke en Blou Bulle, is rateltaai op die rugbyveld. Hy beweeg vinnig en sy ingooie is akkuraat. Wat baie ondersteuners dalk nie weet nie is dat dié boerseun van die Paarl óók ʼn trotse Fontie* is. Grobbelaar, […]