Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Akademia vier ’n dekade van pionierswerk

Gepubliseer op: 2 Maart 2022

Deur: Leani Smith

Op 3 Maart 2022 het Akademia tien jaar van pionierswerk gevier by koshuis@Leriba. Dit was ʼn besonderse hoogtepunt vir die instelling en het groot opwinding onder alle Fonties veroorsaak.

Tien jaar gelede op 3 Maart 2012 het Akademia 42 studente verwelkom in vyf programme en vandag spog hulle met byna 2 500 studente. Die studentelewe van die instelling het gegroei saam met sy studente en dit het so groot feesviering moontlik gemaak.

Die bemarkingspan het tien dae voor die groot verjaarsdag die dae begin aftel op hul sosialemediaplatforms en het ook van die kans gebruik gemaak om hulle TikTok-profiel bekend te stel. Hierdie aftelling het opwinding gesaai en gees geskep nog lank voor die eintlike verjaarsdag.

Die studente het direk na hulle laaste klasse wat 12:00 geëindig het hulle boeke weggepak en vertrek na koshuis@Leriba. Soos die studente daar aangekom het, was alles klaar gereed.

By die ingang kon die studente hulle toegangsbandjies kry en hulle gesigte laat verf met ʼn patroon deur een van die SR-lede. Daarna kon hulle deur beweeg en met hulle mede-Fonties gaan kuier tot die verrigtinge begin het. Die hele terrein was versier en mens kon al klaar hoor hoe die studente gons.