Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Akademia-studente is JOOLerig

Gepubliseer op: 21 Februarie 2018

Trots kondig Akademia aan dat ʼn algehele derde plek behaal is by die instelling se heel eerste JOOL-deelname wat 9 Februarie 2018 by die Cowhouse Market plaasgevind het.

Die JOOL, georganiseer deur Afriforum Jeug, se tema was Grieke vs. Romeine. Die teenstanders was Die Ooste, Sol-Tech, De Goede Hoop (mans en dames), asook Isaak Carstens.

Die JOOLighede het onder andere ʼn pot-en-pons, ʼn bierbaan, ʼn drastoelkompetisie en die opmaak van stalletjies ingesluit. Verder het die program ʼn uitdagende Joolympics ingehou waar spanne hindernisbaanaktiwiteite en waterkaskenades moes deurmaak. Bekendes soos Jo Black, Bittereinder, Tiaan Nienaber Band, Appel, The Barbosa Experience en Adam Tas het gesorg vir die vermaak.

Die ingeskrewe studente van 2018 se sportmangees het bygedra tot hierdie suksesvolle JOOL-deelname. Na afloop van vanjaar se opwindende JOOL en Akademia se goeie algehele prestasie, sien die studente uit na volgende jaar se JOOLighede.