Nuwe program vir 2025 | BA (Taalstudies)

Search
Close this search box.

Akademia reageer op skerp toename in navrae

Gepubliseer op: 8 Oktober 2016

Akademia neem kennis dat die voltooiing van die 2016 akademiese jaar by verskeie voorste openbare universiteite in die gedrang is. In die lig van ‘n groot aantal navrae wil Akademia die openbare versekering gee dat dit onverpoosd werk aan die daarstel van ‘n omvattende private alternatief sonder winsoogmerk, in Afrikaans.

“Die vooruitsig van ‘n algehele afstel van klasse en toetse in 2016 aan van die voorste universiteite in Suid-Afrika lei tot groot publieke kommer. Die jongste verwikkelinge noop Akademia tot verdere versnelling van ons planne. Ons verwelkom insette en is dankbaar vir die mildelike ondersteuning wat ons uit die gemeenskap ontvang,” sê Piet le Roux, Akademiese Hoof by Akademia.

Vir bywoning van Akademia se Opedag op 12 Oktober in Centurion, Bloemfontein, George of Somerset-Wes klik hier.