Nuwe program vir 2025 | BA (Taalstudies)

Search
Close this search box.

Akademia in 2017 so te sê landswyd met nuwe studiesentrums

Gepubliseer op: 20 September 2016

Met nuwe studiesentrums in die Paarl, Bloemfontein en George is Akademia se eersteklas hoëronderwys in 2017 nou so goed as landswyd beskikbaar. Dié uitbreidings kom naas bestaande sentrums naby Kaapstad en toevoegings in Gauteng.

Piet le Roux, akademiese hoof van Akademia, sê Akademia is trots om nou binne bereik van die oorgrote meerderheid Afrikaanssprekendes te wees: “Vir die eerste keer sal Akademia, met ‘n totaal van elf studiesentrums, nou binne ‘n radius van slegs tientalle kilometers van meeste Afrikaanssprekendes wees.”

Die totale aantal sentrums vir 2017 staan sover op elf: ses in die omstreke van Gauteng (waarvan een nuwe sentrum oorkant die Hoërskool Menlopark in Lynnwood, Pretoria); twee naby Kaapstad; en dan een elk in die Paarl (Boland), Bloemfontein (Vrystaat) en George (Suid-Kaap).

“Ons is veral bly om onsself in die Paarl te kan tuismaak in die fasiliteite van die Historium Trust, aangrensend aan die Afrikaanse Taalmuseum. Akademia beskou kulturele verbintenisse as belangrik vir ‘n diepgaande opvoeding en opleiding. Ons studente moet die beste uit die wêreld na Afrikaans bring, maar ook die beste uit Afrikaans na die wêreld neem,” het Le Roux gesê.

Studente by Akademia studeer deur middel van kontaksessies in hoëtegnologie-sentrums. Lesings word regstreeks aangebied; en danksy optieseveselnetwerke sien, hoor en kommunikeer studente en dosente in tot ses studiesentrums tegelyk met mekaar.

Le Roux sê Akademia beoog om selfs verdere sentrums toe te voeg: “Vir 2017 is ons nou byna landswyd gevestig, maar nog nie heeltemal nie. Ons gaan intussen voort met ondersoeke na uitbreidings in ander streke, waar Afrikaanssprekendes meer verspreid woon.”

Akademia se studiesentrums

Sentrums in nuwe gebiede:

  1. Boland, Paarl: Pastorielaan 11, Paarl
  2. Suid-Kaap, George: Eerste vloer, Joubert-plaza, Meadestraat 100, George
  3. Vrystaat, Bloemfontein: Groenewoudstraat 48, Bloemfontein

Sentrums in Gauteng en omstreke:

  1. Centurion: H.v. Von Willich- en Suidstraat, Die Hoewes, Centurion
  2. Pretoria, Die Moot: NG Kerk Pierneefrand, Heckroodtlaan 314, Die Moot, Pretoria
  3. Pretoria, Lynnwood: Lynnwoodweg 408, Pretoria
  4. Krugersdorp: Lismorestraat 20, Kenmare, Krugersdorp
  5. Boksburg: NG Kerk Boksburg-Suid, Jubileestraat 55, Boksburg
  6. Vanderbijlpark: NG Kerk Vanderbijlpark-Oos, Paxtonstraat 2, Vanderbijlpark

Sentrums in die omgewing van Kaapstad:

  1. Bellville: H.v. Strand & Willie Hofmeyer (Strandweg 2), Bellville (ingang in Willie Hofmeyerlaan)
  2. Somerset-Wes: Firmountweg 82, Briza, Somerset-Wes

Kwalifikasies by Akademia

Akademia aanvaar tans inskrywings vir die volgende programme in 2017:

  1. BCom Ondernemingsbestuur
  2. BCom Bestuursrekeningkunde
  3. BCom Ekonomie en Regte
  4. BCom Finansiële Beplanning
  5. Gevorderde Diploma in Projekbestuur
  6. Hoër sertifikaat in Rekeningkunde
  7. Hoër sertifikaat in Kantooradministrasie