Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Akademia-mentors gerat vir die jaar

Gepubliseer op: 1 Maart 2018

Die program bied die geleentheid om te belê in iemand se lewe en daadwerklik ʼn positiewe verskil te bewerkstellig, selfs jare na voltooiing van die mentorskapprogram.

Akademia se mentorskapprogram vir 2018 skop af op ’n hoë noot nadat mentors ’n werkswinkel op 7 en 8 Februarie 2018 bygewoon het by die instelling se hoofkantoor in Centurion. Die interaktiewe werkswinkel het gesorg vir groot pret en baie saam lag en het mentors slaggereed gemaak om die beste moontlike leiding aan hul mentees te verskaf. Die goeie nuus is dat daar nog tyd tot 30 Maart 2018 is vir potensiële mentors om deel van hierdie mentorskapprogram te word. Studente wat graag wil deel neem aan die program as mentees kan steeds tot 18 Mei 2018 betrokke raak.

Marieta Knight, koördineerder van die mentorskapprogram, verduidelik dat die program egter nie net groei vir die mentee beteken nie, maar ook vir die mentor. Die program bied die geleentheid om te belê in iemand se lewe en daadwerklik ʼn positiewe verskil te bewerkstellig, selfs jare na voltooiing van die mentorskapprogram. Die groeigeleenthede vir mentors sluit in aanlyn opleiding wat deur die loop van die jaar op ʼn weeklikse basis plaasvind. Hierdie opleiding behels leermateriaal oor mentorskap wat uit video’s en interessante leesstukke bestaan. Mentors het ook toegang tot ʼn aanlyn joernaal waarmee hulle met hul fasiliteerder kan kommunikeer en addisionele ondersteuning ontvang.

Die huidige groep mentors en mentees geniet die program reeds baie en het hul eie stempel op die mentorskapproses afgedruk. ʼn Mentor-menteepaar het die 94.7-fietsresies saam voltooi en ʼn ander paar het saam ʼn selfverdedigingsklas bygewoon. Hierdie suksesse dui daarop dat langtermyn­mentorskapverhoudings gebou word en dat die program waardevol is vir beide partye.

Sou jy belangstel om deel van die wonderlike program te word stuur gerus ʼn e-pos na marieta@akademia.ac.za.