Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Akademia ken eerste BCom-grade in Bestuursrekeningkunde toe

Gepubliseer op: 28 Maart 2018

Baie geluk aan elkeen van ons studente met hierdie besondere prestasie!

Akademia het op 16 Maart 2018 aan 131 studente tydens die sesde toekenningsplegtigheid en tweede gradeplegtigheid in die sewe jaar van sy bestaan, kwalifikasies toegeken.

Akademia is besonder trots op Anje Bennemeer en Ian du Plessis, die eerste twee studente aan wie BCom-grade in Bestuursrekeningkunde toegeken is.

In totaal is 17 grade, 9 diplomas, 31 gevorderde diplomas en 75 hoër sertifikate by die geleentheid oorhandig waar dr. Theuns Eloff, voorsitter van die FW de Klerk-stigting, die gasspreker was.

Baie geluk aan elkeen van ons studente met hierdie besondere prestasie!