Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Akademia-mediasentrum ontvang waardevolle Suid-Afrikaanse hofverslae

Gepubliseer op: 24 Junie 2021

Akademia het onlangs ʼn stel Suid-Afrikaanse hofverslae ontvang. Hierdie hofverslae, wat vanaf 1947 tot 2008 strek, is deur Johan Olivier, vennoot by Webber Wentzel prokureursfirma, geskenk en het ʼn waardige tuiste in ons regsbiblioteek binne die Akademia-mediasentrum gevind. Akademia, en in besonder die Departement Regsgeleerdheid, baat by hierdie kosbare bronne wat bewaar en met vrug deur personeel en studente in die regte gebruik sal word.

Akademia droom daarvan om ʼn indrukwekkende Afrikaanse universiteit te bou en een van die belangrike boustene daarvan is die opbou en uitbreiding van die mediasentrum om nuttige navorsingsbronne beskikbaar te stel. Die mediasentrum op kampus hou reeds honderde boeke aan danksy die onbaatsugtige bydraes van die gemeenskap. Akademia hoop om die mediasentrum binne die volgende paar jaar eksponensieel te sien groei in boeke wat verband hou met alle studierigtings. Die publiek word uitgenooi om te help om hierdie belangrike taak te verwesenlik.

Die Departement Regsgeleerdheid ontvang graag primêre en sekondêre bronne om die regsbiblioteek aan te vul. Indien jy van bronne kennis dra wat Akademia vir die toekoms kan bewaar en produktief in navorsing kan aanwend, kontak gerus die instelling deur hier te klik.

Prof. Hermie Coetzee, departementshoof van die Departement Regsgeleerdheid, en Lianda Coetzer, bibliotekaris, ontvang ʼn skenking van Suid-Afrikaanse hofverslae by die Akademia-mediasentrum.