Akademia staan vir die idee van ’n selfstandige

Akademia staan vir die idee van ’n selfstandige

AFRIKAANSE UNIVERSITEITSWESE

AFRIKAANSE UNIVERSITEITSWESE

Met jou hulp sal ons dit verwesenlik. Raak gerus op een of meer van die volgende maniere betrokke.

ANDER SKENKINGS

Akademia bou aan ʼn universiteit en kan dit slegs doen met die hulp, ondersteuning en bydraes van die gemeenskap. Akademia het ʼn skenkingslys saamgestel met items wat deur die instelling benodig word. Enige gebruikte, maar opgepaste items op die wenslysie kan ʼn waardige tuiste by Akademia vind. Stuur ʼn e-pos aan vriende@akademia.ac.za vir enige skenkings. Saam bou ons aan ʼn Afrikaanse studietuiste vir die gemeenskap!

Ons studentesakeafdeling is die lewensaar van die  studentelewe en studente-ondersteuning. Die studentelewe is in ʼn vestigingsfase en studente neem reeds deel (of sal binnekort kan deelneem) aan gholf, drama, aksie-netbal, pretstappe, stapklubs, wynklub, koffieklubs, studentekuiers, boekbesprekings, koor, Totiusdag, gemeenskapsprojekte, gedigtekompetisies, speletjiesaande en vele meer.

ITEMS WAT KAN HELP OM DIE STUDENTELEWE VERDER IN TE KLEUR:

  • Musiekinstrumente, soos ʼn klavier
  • Koorbankies
  • Studentebus vir aktiwiteite en toere
  • Netjiese bankies en stoele
  • Generiese netbalbeffies
  • Sporttoerusting, soos vlugbalnette, rolbalstel, skaakstel en krieketstel
  • Bordspeletjies
  • Konserttoebehore
  • Konsertkostuums

Die Mediasentrum op die kampus open amptelik sy deure in 2021. Te danke aan onbaatsugtige skenkings van boeke en hofverslae kon Akademia dié sentrum met waardevolle skatte vul. Lees hier meer oor wat die Mediasentrum tans bied.

ITEMS WAT KAN HELP OM DIE MEDIASENTRUM VERDER UIT TE BREI:

  • Werkende rekenaar vir naslaangebruik
  • Akademiese boeke
  • Digbundels of ander waardevolle leesstof
  • Laboratoriuminstrumente: Om volwaardige laboratoriums vir Fisika, Chemie, Dierkunde, Plantkunde, Grond en Water op die been te bring.
  • Mobiele laboratorium: Om ʼn toegeruste mobiele laboratorium vir Chemie, Dierkunde, Plantkunde, Grond en Water in ʼn skeepsvraghouer te skep.
  • Borsbeeld: WL Grant: ʼn Brons of graniet borsbeeld van wyle dr. WL Grant ter aansluiting tot ons jaarlikse WL Grant-gedenklesing en (dalk eerder -sentrum of -gerief as fasiliteit) op die nuwe kampus.
  • Sonhorlosie: Sonhorlosiemonumentuitleg op die Akademia-kampus om bewusmaking van die fakulteit te kweek.
  • Mikroskope: Goeie mikroskope vir mikrobiologiese waarnemings van grond en waterorganismes.
  • Weerstasie: Toegeruste elektroniese weerstasie vir waarnemings op die toekomstige Akademia-kampus.
  • Trekker: Vir gebruik in Landbouwetenskappe op die toekomstige Akademia-kampus.
  • Bakkie: Enkel- of dubbelkajuitbakkie vir gebruik in Natuurwetenskappe as vervoermiddel van kampus- en/of navorsingstoerusting.
  • Prestasiepryse: Pryse aan studente wat uitnemend presteer (bv. ʼn jaarlikse boekprys of kontantprys vernoem na ʼn persoon of instelling).
  • Bronsplate op kliptafels: Bronsplate om die geskiedkundige uitstallings op die kampus te verwoord, byvoorbeeld by elke historiese kraal op die proefplaas.
BY AKADEMIA IS ALGEMENE SKENKINGS OOK WELKOM:

  • Waardevolle geskiedkundige items
  • Maatskappypoelmotor
  • Werkende kamera met lense
  • Werkende mikrofoon/klanktoerusting vir onderhoude
  • Kamerabeligting
  • Fotohokkie
  • Lamineermasjiene
  • Snymasjien
  • Kunswerke
  • Afrikana
  • Beelde

HIER IS VOORBEELDE VAN ONLANGSE SKENKINGS:

BEPALINGS EN VOORWAARDES

As gevolg van beperkte spasie en omdat Akademia steeds in ʼn groeifase is, mag dit dalk nodig wees om geskenkte items – wat eers later gebruik gaan word – in ʼn veilige stoor/ruimte op ʼn ander perseel te berg.

In die geval van boekskenkings en beperkte spasie in die mediasentrum sal alle boeke eers aan ’n siftingsproses onderwerp word om te verseker dat gehalteboeke aan studente verskaf word. In geval van boeke wat nie ʼn waardige tuiste in Akademia se mediasentrum kan vind nie, sal dit aan Helpende Hand se Ons Winkel of aan ʼn ander gepaste ontvanger geskenk word om gemeenskapsprojekte te ondersteun.

Akademia hou graag rekord van ons vriende wat skenkings of donasies maak. Akademia sal graag ons skenkers kontak om te hoor of ons hul kontakbesonderhede op ʼn donateurslys mag plaas.

Is daar ander items wat jy graag wil skenk? Stuur gerus ʼn e-pos aan vriende@akademia.ac.za.

Wil jy op ’n ander wyse bydra? Stuur ’n e-pos met jou voorstel na vriende@akademia.ac.za.

SKENK HIER