Nuwe program vir 2025 | BA (Taalstudies)

Search
Close this search box.

Akademia bevorder interdissiplinêre navorsing

Gepubliseer op: 13 Junie 2019

Rautenbach se lesing het temas rondom klimaatdrywers en klimaatsverandering, Suid-Afrikaanse weerstelsels, kweekhuisgasse, die modellering van die klimaatstelsel, klimaatsveranderingsprojeksies, en aanbevelings oor toekomsbeplanningsmoontlikhede aangespreek.

Prof. Hannes Rautenbach, in sy hoedanigheid as dekaan van die Fakulteit Natuur­wetenskappe by Akademia, is deur die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) se Kollege vir Nagraadse Studies uitgenooi om ʼn openbare lesing getiteld “Aardverwarming: Wat ons weet van klimaatsverandering neigings en projeksies in Suid-Afrika” te lewer.

Die lesing het deel gevorm van die 2019-lesingreeks van UNISA se sewende jaarlikse Interdissiplinêre Akademie, en is op UNISA se wetenskapkampus in Florida, Johannesburg, aangebied. Die Interdissiplinêre Akademie poog hierdeur om nagraadse studente, studieleiers en navorsers bloot te stel aan ʼn interdissiplinêre omgewing met navorsingstrome in die dissiplines van waterwese, energie, nanotegnologie, volhoubare ontwikkeling, klimaatsverandering, medisinale ontwikkeling, kosmologie en geslagsgelykheid.

Rautenbach se lesing het temas rondom klimaatdrywers en klimaatsverandering, Suid-Afrikaanse weerstelsels, kweekhuisgasse, die modellering van die klimaatstelsel, klimaatsveranderingsprojeksies, en aanbevelings oor toekomsbeplanningsmoontlikhede aangespreek. Die lesing is goed ontvang, en is opgevolg deur ʼn lewendige vrae-en-antwoord-sessie. Akademia het uitgeblink as ʼn hoëronderwysinstelling om mee rekening te hou, en verskeie versoeke vir toekomstige samewerking ontvang.