*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

Akademia-sakeplankompetisie: wenpreneurs beïndruk met hul passie en sakevernuf

Gepubliseer op:  28 Augustus 2026

Akademia het op Donderdag 27 Augustus 2026 die wenners van sy gewilde jaarlikse sakeplankompetisie, ʼn opwindende inisiatief vanuit die instelling se BCom (Ondernemingsbestuur)-program, aangewys. Dié wenners is tydens ʼn galageleentheid by die instelling se Leriba-kampus aangekondig en die aand se applous het behoort aan die volgende wenpreneurs:

Kategorie een: Nuwe ondernemings, idees en konsepte vir geregistreerde Akademia-studente wat ʼn nuwe besigheidsidee wil ontwikkel.

Boekemark, die besigheidskonsep van Darren Minders, is as die wenner van kategorie een aangekondig.

Kategorie 2: Bestaande ondernemings vir Akademia-studente asook lede van die publiek met ondernemings wat reeds tussen een en vier jaar lank bedryf word.

Jacobi Benkenstein se bestaande besigheid, Jakop Handgemaak, het met die louere in kategorie twee weggestap.

Kategorie 3: Akademia-studente tree op as onafhanklike besigheidskonsultante vir Udolpho Rivierplaas in Parys.

  • Helouise van Sittert
Helouise van Sittert se sakeplan is as die wenplan van kategorie drie aangewys.

Vanjaar se beoordelaarspaneel het bestaan uit topbesigheidslui, wat self ook as entrepreneurs in eie reg sukses ervaar. Die beoordelaars was:

Kategorie 1 en 2

  • Charl Oberholzer, Handelshuis
  • Mariaan de Kock, GRiT Accountants
  • WC Reynders, SA FitFoodz

Kategorie 3

  • Elizma van Zyl, Akademia-dosent
  • Jonathan Ryan, FAK
  • Ziegfried van Huyssteen, FAK

Opwindende pryse op die spel

Derhalwe vir ʼn rits pryse, het elke wenner ook ʼn kontantprys van onderskeidelik R35 000 (kategorie een, geborg deur Akademia en OBARO), R30 000 (kategorie 2, geborg deur AfriForum Sakenetwerk) en R10 000 (kategorie 3, geborg deur FAK Udolpho Rivierplaas) ontvang.

Die volgende ander borge het tot die geleentheid bygedra: Adventure Institute, Akademia et al., GROOTfm, Hearts of Courage, LMT Whole-Brain Practitioners, Maryna Stevenson Personal Development, Solidariteit en WernerSchmit.co.za.

Sakeplankompetisie spreek tot blywende entrepreneuriese impak

Vanjaar se kompetisie het vir die tweede keer voorsiening gemaak vir entrepreneurs vanuit die gemeenskap. Hierdie toevoeging spreek volgens dr. Rachel Maritz, dekaan: Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, tot die instelling se gemeenskapsverbondenheid. Maritz het vanjaar se deelnemers en finaliste geloof vir hul entrepreneuriese dapperheid, hul besigheidsywer en die rol wat hulle as gemeenskapsbouers speel.

“Entrepreneurs versterk hul gemeenskappe deur werkskepping aan te vuur en só ekonomiese groei te bevorder. Danksy hierdie passievolle individue, en hul vindingryke en lewensvatbare besighede word gemeenskapsbande versterk en word ʼn kultuur geskep waarbinne toegewydheid, kreatiwiteit, lojaliteit en waardegedrewendheid die botoon voer. Binne hierdie kultuur word daar nie nét na eie wins en voordeel gestreef nie, maar ook betekenisvolle en langdurige impak,” sê Maritz.

Gedagtig aan hierdie multidimensionele aard en impak van entrepreneurskap meen Maritz voorts dat die kompetisie – by wyse van voortgesette mentorskap en die uitbouing van waardevolle ondersteuningsnetwerke – die ontwikkeling van deelnemers se denke én hart in die hedendaagse besigheidsmilieu doelgerig help vorm.

Indien jy ook daarvan droom om die sakewêreld te betree, is Akademia se BCom (Ondernemingsbestuur)-program ideaal vir jou. Studieaansoeke vir 2027 is oop.

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 

Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.