Sakeplankompetisie 2025

ʼn Inisiatief deur die BCom (Ondernemingsbestuur)-program

Vanjaar bied Akademia weer die gewilde Akademia-sakeplankompetisie aan. Dié sakeplankompetisie word reeds sedert 2018 suksesvol aangebied en gebruik as middel om praktiese uitvoering te gee aan die vorming van die individu se denke én hart binne die besigheidswêreld.

“ ʼn Groot besigheid begin klein.” – Richard Branson

Die doel van die kompetisie

  • Om aan Akademia-studente die geleentheid te bied om hulle droom van ʼn eie onderneming met die hulp van ʼn sakeplan – met akademiese en praktiese mentorskap – te bewaarheid.

  • Om aan Fonties die geleentheid te bied om hulle reeds bestaande ondernemings met die hulp van ʼn sakeplan – met akademiese en praktiese mentorskap – te bewaarheid

  • Om lede van die publiek met hul eie ondernemings (jonger as drie (3) jaar) se entrepreneuriese vaardighede te slyp.

Skryf vandag nog aanlyn in

Inskrywings vir die Akademia-sakeplankompetisie 2025 sluit op Donderdag 31 Julie

Belangrike inligting

Die kompetisie bied aan jou die geleentheid om jou sakeplan in ʼn suksesvolle onderneming te omskep of om jou huidige besigheid na die volgende vlak te neem. Buiten pryse wat gewen kan word, ontvang deelnemers blootstelling, wonderlike advies van kenners, terwyl hulle waardvolle netwerke vestig.

Belangstellendes kan vir een van drie kategorieë inskryf

  • Kategorie een: Nuwe ondernemings/idees/konsepte (Akademia-studente)
    Vir geregistreerde Akademia-studente wat ʼn nuwe besigheidsidee of -konsep wil voorstel en nog nie ʼn bestaande onderneming bedryf nie.
  • Kategorie twee: Bestaande ondernemings (Akademia-studente)
    Vir alle geregistreerde Akademia-studente met besighede wat reeds tussen een en vier jaar bedryf word.
  • Kategorie drie: Bestaande ondernemings (publiek)
    Vir lede van die publiek met besighede wat tussen een tot drie jaar handel dryf.
  1. Klik hier vir die inskrywingsvorm.
  2. Kies die toepaslike kategorie waarvoor jy wil inskryf en maak seker dat jy aan die inskrywingsvereistes voldoen.
  1. Laai jou sakeplan in PDF-formaat

Let wel: Slegs een dokument met ʼn maksimum van tien bladsye se inhoud (uitgesluit voorblad en inhoudsopgawe) word per inskrywing toegelaat. Die inhoud van die sakeplan moet (maar is nie beperk tot dit nie) volgens hierdie instruksiedokument verpak word.

  1. Beoordelaars sal die topdriefinaliste van elke kategorie vanuit die vooropgestelde kriteria bepaal.
  2. Die topdriefinaliste in elke kategorie sal genooi word om deel te neem aan die finaal wat op Donderdag 28 Augustus 2025 by Akademia se Leriba-kampus in Centurion plaasvind.

Let wel: Tydens hierdie geleentheid sal die topdriefinaliste in elke kategorie ʼn sakeplanaanbieding voorhou en die wenners bekendgemaak word. Reiskostes is vir elke deelnemer se eie rekening.

“As jy wag vir die regte tyd of die goeie tye om ʼn besigheid te begin, wag jy jou hele lewe lank.”
– Fran Tarkenton

  • 14 Julie 2025

    Inskrywings open

  • 31 Julie 2025

    Inskrywings sluit

  • 18 Augustus 2025

    Aankondiging van topdriefinaliste per kategorie

  • 28 Augustus 2025

    Finale aanbieding en aankondiging van die wenners

Laai die bepalings en voorwaardes hier af.

Albert van Wyk

Entrepreneur, eiendomsbelegger en topverkoperskrywer

Albert van Wyk is ʼn 32-jarige Suid-Afrikaanse entrepreneur, eiendomsbelegger, selfgemaakte miljoenêr, gekwalifiseerde industriële ingenieur en topverkoperskrywer.

Van Wyk het verskeie besighede wat ʼn ingenieursfirma, konstruksiemaatskappy, ʼn aanlynmediabesigheid en ʼn eiendomsontwikkelingsmaatskappy insluit. Sy grootste passie is egter sy teruggeeprojek: Maak My ʼn Miljoenêr, waar hy as ʼn mentor vir jong entrepreneurs dwarsoor Suid-Afrika dien.

Hy stel mense van dwarsoor die land in staat om hul rykdom op te bou. Sy passie is om entrepreneurs en besigheidseienaars te help om finansiële sukses te bereik. Hy rus ook die jeug van Suid-Afrika toe. Hy het hierdie jaar alreeds 82 skole besoek en meer as 92 000 leerders toegespreek met sy Maak My ʼn Miljoenêr-tv-program. Hierdie jong hoërskoolentrepreneurs het onder sy mentorskap ʼn besigheidsgroei van 5 685% gesien.

Van Wyk is ʼn filantroop wat baie geld, ure en kilometers in die jeug van Suid-Afrika belê soos wat hy van skool tot skool toer reg oor die land. Hy is steeds woonagtig in die Moot, Pretoria, waar hy gebore is.

Dr. Thommie Burger

JTB Consulting en BestFinancialModels.com

Dr. Thommie Burger is die stigter van JTB Consulting en BestFinancialModels.com – toonaangewende adviesmaatskappye wat spesialiseer in sakebeplanning, finansiële modellering, maatskappywaardasies en beleggingsgereedheid. Sedert hy JTB Consulting in 2006 gestig het, het hy kliënte in meer as 125 bedrywe in 25 lande gehelp om meer as R325 miljard se befondsing te bekom. Die onderneming spog met ’n kliëntetevredenheidsyfer van 98%.

In 2024 het hy BestFinancialModels.com bekendgestel – Afrika se eerste aanlyn mark vir aanpasbare, bedryfspesifieke Excel-gebaseerde finansiële modelle. Dié platform stel entrepreneurs in staat om toegang tot hoëgehaltehulpmiddels te verkry sonder om buitensporige pryse te betaal.

Dr. Burger beskik oor ʼn PhD en MBA, en is gesertifiseer in Finansiële Modellering (FMVA®) en Rykdomsbestuur (FPWM®). Hy is ook die outeur van The Silent God: Between Wolves and Masters, en bring ʼn internasionale perspektief na sy werk nadat hy in werkservaring in Lesotho, Botswana en die Verenigde Koninkryk gebly het. Hy is getroud en ʼn trotse pa van ʼn seuntjie van veertien maande.

Awie Krog

Craft Braai en
LEM® Multitools

Awie Krog is ʼn gesinsman wat saam met sy vrou, Sindy, die trotse ouers is van twee kinders, ʼn hond en drie katte.

Hy is die stigter van Craft Braai, ʼn suksesvolle onderneming wat in 2020 gedurende die Covid-19-pandemie ontstaan het. Craft Braai het vinnig bekendheid verwerf in die braaiwêreld en spog met talle pryse soos beste innoverende produk, beste ekspo-uitstaller asook uitgewys as die beste plaaslikvervaardigerde produk, om net ʼn paar te noem.

Ná hierdie sukses het hy ʼn tweede onderneming, LEM® Multitools, tot stand gebring. Voor sy loopbaan as entrepreneur het Krog waardevolle ervaring opgedoen in die sektore van siviele ingenieurswese, industriële laboratoriums en kliëntediens binne die IT-netwerkomgewing. Sy professionele agtergrond, in kombinasie met ʼn passie vir kreatiwiteit en entrepreneurskap, het hom geïnspireer om unieke, plaaslik vervaardigde produkte van hoë gehalte te ontwikkel.

Sy loopbaan getuig van ʼn diep verbintenis tot uitnemendheid, kreatiwiteit en innovasie – eienskappe wat hom ʼn uitmuntende entrepreneur gemaak het en daartoe gelei het dat die AfriForum Sakenetwerk hom as Entrepreneur van die Jaar 2024 aangewys

Kategorie 1:
  • R15 000-kontantprys

  • GrootFM en Bloudruk Media-toer


Kategorie 2:
  • R20 000-kontantprys

  • Solidariteit Jongwerkende- en Solidariteit Studente-aanbod-mentorskap

  • GrootFM en Bloudruk Media-toer

  • Albert van Wyk: Gazaroo-handelsmerkontwerp


Kategorie 3:
  • R20 000-kontantprys


DANKIE AAN ONS VENNOTE EN BORGE

2018

CHIMONÉ KAPP, JEAN-PIERRE ERASMUS EN ROHAN PIETERSE

van TempStudent

2021

WIKUS BASSON EN JANCO OPPERMAN

van Customsites

“Deeglike beplanning en voorbereiding is die sleutel tot sukses. Die Sakeplankompetisie bied ʼn uitstekende geleentheid om die teorie wat jy in jou studie doen prakties toe te pas en waardevolle besigheidservaring op te doen.”

– 2021-wenner, Janco Opperman

2022

CARAMI VAN DER VYVER

van Heart of Courage

“Die Sakeplankompetisie hou nie net voordele vir die wenners of die topdrie in nie. Dit is waardevol vir elke deelnemer om meer te leer, jou sakeplan uit te werk en jou plan van aksie te formuleer. Deur net deel te neem sal jou besigheid ʼn groot hupstoot gee.”

– 2022-wenner, Carami van der Vyfer

2023

ABIGAIL FOURIE

van Perfect Moments

“Dit is goed om oor die toekoms te droom, maar niks gaan gebeur as jy nie ook jou moue oprol en werk maak van jou doelwitte en ideale nie. Dié kompetisie is die ideale geleentheid daarvoor.”

– 2023-wenner, Abigail Fourie

2024

WILLEM EN LOUIS ALBERTYN

van Avo Guy

“Dit was wonderlik om skouers te kon skuur met ongelooflike mense, mense wat regtig die land en samelewing wil vorentoe neem. Dit was ʼn groot voorreg om regtig by die beoordelaars en mentors te kon leer, ons vrae aan hulle te kon stel en meer oor besigheid te kon uitvind. Dit was vir ons ʼn groot motiveringspunt om vir die kompetisie in te skryf.”

– 2024-wenner, Willem en Louis Albertyn

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.