Akademia se Wes-Kaap-droom neem vorm aan
Akademia se Wes-Kaap-droom neem vorm aan Gepubliseer op: 13 Junie 2024 Akademia het vroeër vanjaar die opwindende nuus gedeel dat dié hoëronderwysinstelling in die proses is om sy geografiese voetspoor in die Wes-Kaap teen 2026 uit te brei. Hierdie uitbreiding spreek tot die instelling se nuwe groeifase wat vanjaar reeds uitgeloop het op die ingebruikneming […]
Van toeka se bordkryt na klaskamer in die kuberruimte
Van toeka se bordkryt na klaskamer in die kuberruimte Gepubliseer op: 24 Mei 2024 Die Fakulteit Opvoedkunde het die afgelope week gestalte gegee aan Akademia se leuse ad futurum per fontes oftewel na die toekoms deur die bronne. Dr. Pierre Edwards het op 21 Mei tydens sy openbare lesing ʼn interessante en boeiende blik oor […]
Dowe Akademia-student verwerf kwalifikasie en wil ander inspireer
Dowe Akademia-student verwerf kwalifikasie en wil ander inspireer Gepubliseer op: 14 Mei 2024 Akademia-alumnus, Jean-mari Cornelius (48) is doof, maar het nie toegelaat dat dit haar studiedroom kelder nie. Haar deursettingsvermoë is tydens die instelling se onlangse kwalifikasieplegtigheid in April ryklik beloon toe sy haar BCom (Ekonomie en Regte)-kwalifikasie verwerf het. Cornelius is die eerste […]
Poolse akademikus inspireer Akademia-studente
Poolse akademikus inspireer Akademia-studente Gepubliseer op: 8 Mei 2024 Wat studente ook al studeer, hulle gebruik in hul studie taal/tale en gaan in hul toekomstige werk bewus kommunikeer. Met ander woorde, dit sou goed wees as hulle doelgerig met tale omgaan. Dit is die mening van prof. Jerzy Koch, bekende Poolse akademikus en letterkundige van […]
Afrikaansdag 2024: Afrikaans is die goue draad wat denke én hart verbind
Afrikaansdag 2024: Afrikaans is die goue draad wat denke én hart verbind Gepubliseer op: 8 Mei 2024 Afrikaansdag, wat jaarliks op 8 Mei gevier word, het sy oorsprong in 1925 toe Afrikaans naas Engels en Nederlands as amptelike taal van die destydse Suid-Afrika erken is. Te midde van die uitdagings waarvoor Afrikaans vandag staan, neem […]
Akademia-studente jubel en juig in Afrikaans
Akademia-studente jubel en juig in Afrikaans Gepubliseer op: 3 Mei 2024 Twee Akademia-studente, Rikus van der Vlies (21) en Simonay Harms (21), is besig om as lede van die Afrikaanse gospelgroep, Herleef, hulself deeglik in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf te vestig. Dié groep is daartoe verbind om met hul eiesoortige styl en benadering tot lofprysing nie […]
Wêreldboeke- en Kopieregdag: Verseker só die volhoubare toekoms van die boekbedryf
Wêreldboeke- en Kopieregdag: Verseker só die volhoubare toekoms van die boekbedryf Gepubliseer op: 23 April 2024 Geskryf deur Karien Brits en Sarita Blignaut, taalpraktisyns by Akademia. Dit is vir ʼn hoëronderwysinstelling soos Akademia belangrik om op 23 April Wêreldboeke- en Kopieregdag te vier. Boeke en veral die inhoud van die boeke is uiteraard belangrik vir […]
Wêreldboekedag: Akademia omhels die ryke nalatenskap van boeke
Wêreldboekedag: Akademia omhels die ryke nalatenskap van boeke Gepubliseer op: 23 April 2024 Geskryf deur Lianda Coetzer, bibliotekaris van Akademia se mediasentrum. Wêreldboekedag, ook bekend as Wêreldboeke- en Kopieregdag, word jaarliks op 23 April gevier. Die doel van dié dag, wat in 1995 tot stand gekom het, is om lees, die uitgewersbedryf en kopiereg te […]
Akademia-kundiges geloof vir nuwe Afrikaanse handboek oor kurrikulumstudies
Akademia-kundiges geloof vir nuwe Afrikaanse handboek oor kurrikulumstudies Gepubliseer op: 2 April 2024 Twee Akademia-kundiges, dr. Chris-Mari Le Hanie (dosent in Opvoedkundestudies) en Suné Bester (ondersteuner: Aanlyn leer), het as mederedakteurs vroeër vandeesmaand tydens ʼn spoggeleentheid by die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) ʼn nuwe handboek oor kurrikulumstudies bekendgestel. Dié handboek, ʼn Inleidende […]
Akademia-kampusopedag: Kom maak eerstehands kennis met jou toekoms
Akademia-kampusopedag: Kom maak eerstehands kennis met jou toekoms Gepubliseer op: 28 Maart 2024 Akademia se jaarlikse kampusopedag is ʼn belewenis, vra maar vir enige Fontie wat hul studiereis met die bywoning van dié geleentheid begin het! As jy ʼn studiedroom vir 2025 koester, dan is die opedag, wat op Vrydag 10 en Saterdag 11 Mei […]
Akademia spog met BA (Taalstudies) as nuwe graadprogram
Akademia spog met BA (Taalstudies) as nuwe graadprogram Gepubliseer op: 14 Maart 2024 Akademia het op 14 Maart by ʼn programbekendstellingsfunksie in Centurion aangekondig dat die instelling se Fakulteit Geesteswetenskappe in 2025 die eerste groep studente in die program BA (Taalstudies) sal inneem. Dié driejaargraad sal voltyds op Akademia se Centurion-kampusse aangebied word. Die Departement […]
Wetenskap en moedertaal: Só word kennis en begrip vervleg
Wetenskap en moedertaal: Só word kennis en begrip vervleg Gepubliseer op: 8 Maart 2024 Geskryf deur Moreen Coetzee, ʼn dosent verbonde aan die Fakulteit Opvoedkunde aan Akademia. Moedertaalonderrig – veral in die Suid-Afrikaanse konteks, bly ʼn punt van bespreking. Die noodsaaklikheid daarvan word verder op die spits gedryf ná die bekendmaking van die 2030-Leespaneel-verslag wat […]
Internasionale Moedertaaldag: Veelheid van tale verleen rykheid aan die werklikheid
Internasionale Moedertaaldag: Veelheid van tale verleen rykheid aan die werklikheid Gepubliseer op: 21 Februarie 2024 Geskryf deur prof. Danie Goosen uitvoerende hoof: Akademie by Akademia Een van die wonders van die menslike bestaan is dat dit deur ʼn groot hoeveelheid tale gekenmerk word. Vanweë dié veelheid van tale word ons menswees deur ʼn verstommende rykdom, […]
Taalpraktisyns is die onbesonge kampioene van ʼn moedertaal
Taalpraktisyns is die onbesonge kampioene van ʼn moedertaal Gepubliseer op: 20 Februarie 2024 Geskryf deur Karien Brits en Sarita Blignaut, taalpraktisyns by Akademia. Taalpraktisyns is kampioene wat taalfiks bly en ander toerus om met selfvertroue hulle moedertaal te gebruik. Hulle rus hulleself daagliks toe om aan moedertaalsprekers die bes moontlike tekste te bied. ʼn Taalpraktisyn […]
Die verbondenheid van taal
Die verbondenheid van taal Gepubliseer op: 18 Januarie 2024 Geskryf deur Sarita Blignaut en Karien Brits, taalpraktisyns by Akademia. Daar word dikwels taalgrappies met die woord tesourus gemaak wat ʼn prentjie oproep van ʼn soort dinosourus wat woorde verslind. Gelukkig is ʼn tesourus nie ʼn uitgestorwe dier nie – om die waarheid te sê is […]